GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Beloning aangebied vir inligting oor bus-bomgooiers

GO GEORGE placeholder image of a bus.

Ná die bomaanval op ‘n GO GEORGE-bus die afgelope week het George-munisipaliteit en die Wes-Kaapse regering besluit om hulpbronne te kombineer om ‘n finansiële beloning aan te bied om die oortreders aan die pen te laat ry.

George se uitvoerende burgemeester, raadsheer Leon van Wyk, het die voorval in Pacaltsdorp waar ‘n petrolbom in ‘n bus met passasiers gegooi is, ten sterkste veroordeel. Finale syfers bevestig dat 11 passasiers per ambulans hospitaal toe geneem is – agt van hulle is vir brandwonde behandel van wie twee opgeneem is in die hospitaal. Die SA Polisiediens ondersoek die voorval.

“Ons verafsku die gruwelike daad en wil sien dat diegene wat verantwoordelik is, met die volle impak van die reg kennis maak,” het Van Wyk gesê. “Ons het die samewerking van die gemeenskap nodig om na vore te kom met enige inligting wat tot die skuldigbevinding van hierdie persone kan lei. Ons kan en sal nie toelaat dat hierdie tipe optrede die veiligheid van ons inwoners en die bedrywighede van ons broodnodige openbare busdiens in gevaar stel nie.”

Mense met inligting oor die aanval moet die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 skakel. Die agente sal die aangewese persoon in kennis stel om die oproep te beantwoord en inligting af te neem wat met die grootste vertroulikheid hanteer sal word. Let daarop dat slegs inligting wat tot skuldigbevinding lei, vir die beloning oorweeg sal word.

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More