Toetsritte ter voorbereiding van die uitrol van die GO GEORGE-busdiens na Thembalethu vind tans in die gebied plaas, ondersteun en gemonitor deur plaaslike wetstoepassingsagentskappe, insluitend die SA Polisiediens en die verkeersdepartement.
Tydens hierdie ritte wat in verskillende groottes GO GEORGE-busse onderneem word, sal die werklike tyd wat dit neem om die verskillende voorgestelde roetes per bus te voltooi, vasgestel en aan die hand van die voorgestelde roosters nagegaan word.