PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

Bykans 20 000 Slimkaarte verkoop

20
Feb '19
Waar om die kaart te hou
Die Slimkaart moet op hierdie manier voor die kaartleser gehou word en nie voor die vier liggies of die digitale venster nie.

Drie maande nadat die GO GEORGE Slimkaart op 15 November 2018 in werking getree het, gebruik passasiers regoor die stad, oud en jonk, die kaart om op die bus te klim. Die jongste verkoopsyfers toon dat meer as 19 000 Slimkaarte verkoop is tot op datum.

Ritte kan op kaarte gelaai word in verskillende pryskategorieë, wat neerkom op ’n koste van R9 per rit wanneer bundels van 10 en meer ritte gekoop word, en R10 per rit wanneer minder as 10 ritte per transaksie gekoop word. Ten spyte van die besparing koop die meeste passasiers egter net twee ritte op ’n keer.

“Ons het klante wat nie kan bekostig om meer ritte te koop nie; dit is hoekom ons verskillende opsies bied om elkeen se behoeftes te pas,” sê James Robb, GO GEORGE-bestuurder. “Maar ons wil werklik diegene wat in ’n posisie is om 10 ritte of meer te koop, aanmoedig om dit te doen en te deel in die voordele van ’n bekostigbare vervoerstelsel.”

Vermy dubbele aftrekking van ritte

Die meeste van die aanvanklike uitdagings van die geoutomatiseerde stelsel is aangespreek, maar die posisie waar die kaart gehou moet word voor die kaartleser, en hoe lank vir die aftrekking van die rit om te registreer, bly van belang. Mense is oorversigtig om die kaarte nie te lank voor die kaartleser te hou nie, maar daar is genoeg tyd om te wag totdat die vierde liggie groen word en die kaart dan weg te neem.

Hou Slimkaart veilig

Passasiers word herinner om hul Slimkaarte baie goed op te pas en veilig te bêre. Geen oorblywende ritte op gesteelde of verlore kaarte kan op ’n nuwe kaart oorgedra word nie.

Vir enige navrae oor die ligging van mobiele Slimkaartvoertuie en -kiosks of herlaaipunte, of hoe om die kaart te gebruik, skakel gerus die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044.

Latest news