Derde kamera op GO GEORGE-busse verskerp dienslewering

8
Mar '17
GO GEORGE beheerkamer
Binnekring-beeldmateriaal uit die GO GEORGE-busse word gedurende bedryfsure gemonitor deur personeel in die beheerkamer.

Waarneming op alle GO GEORGE-busse vorm ’n integrale deel van diensgehaltebeheer en passasiers- en bestuurdersveiligheid. Die busse was tot onlangs toegerus met twee geslote baan-kameras vir hierdie doel, maar ’n derde kamera is nou bygevoeg.

Die aanvanklike twee kameras is aangebring om ’n uitsig op die passasiers en drywers binne-in die bus te gee. Die derde kamera is nou aangebring en fokus op die pad voor die bus.

“Die beeldmateriaal help ons wanneer ons voorvalle en klagtes ondersoek,” sê James Robb, GO GEORGE-bestuurder. “Hierdie waarneming laat ons toe om die gedrag van busbestuurders en passasiers te monitor, en om te sien of die busse werklik vol is. Dit is noodsaaklik om kapasiteit deurlopend te monitor en frekwensie, met ander woorde, die aantal ritte binne ’n gegewe tydperk, aan te pas waar nodig.  Die derde kamera verskaf inligting wanneer insidente buite die bus ondersoek word.”

Volgens Robb word beeldmateriaal deurgaans deur bestuur nagegaan, klagtes of nie klagtes nie, om gehalte diens te verseker.

Vir enige navrae of terugvoer, skakel gerus die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044, stuur ’n e-pos na info@gogeorge.org.za of die GO GEORGE-blad op Facebook.

Latest news