GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Erin se bus kom huis toe

Erin se bus
Erin Woolley (12) het ’n GO GEORGE-bus gebou vir ’n wetenskaptaak – volledig met voor-, agter- en binneligte. Erin is genooi om haar bus by die GO GEORGE-kantoor te gaan “parkeer”, waar dit deel sal vorm van die versameling kinderkuns en inkleurprente oor die busse wat reeds die kantoor se mure versier.

Of jy nou skool toe loop of ry in George, jy gaan waarskynlik ‘n bus – of twee of drie – raakloop op die pad. As jou ma boonop werk vir die maatskappy wat daardie busse “inkleur”, is dit nóg meer waarskynlik dat jy iets “busserigs” gaan doen vir ‘n skoolprojek.

Erin Woolley (12), ‘n graad sewe-leerder aan die Holy Cross-laerskool, het haar klasmaats en onderwysers ewe veel beïndruk met die indrukwekkende GO GEORGE-bus wat sy vir hul wetenskaptaak aan die einde van verlede jaar gebou het. Erin se ma, Karyn, werk by Ramcom, die plaaslike maatskappy wat herstelwerk en handelsmerk-kentekens doen op groot voertuie, en ook die amptelike dienssentrum is vir die bekende groen en blou vloot.

“Ons opdrag was om ‘n struktuur te bou wat sal verhit, verlig of beweeg, en ‘n selfgemaakte skakelaar insluit,” sê Erin. “Aangesien GO GEORGE soortvan deel is van my ma se werk, het ek dadelik daaraan gedink om ‘n bus uit staal te bou. Ek het gehoop Ramcom sal my help met die spuitverwery en handelsmerk, soos die regte GO GEORGE-kleure en kenteken, en gelukkig het hulle. Dit het regtig baie gehelp.”

Erin se spoggerige bus het inderdaad ligte wat aanskakel, soos vereis. Haar skakelaar het drie verskillende verstellings wat óf die voor- of agterligte aanskakel, óf die binnekant van die bus verlig, en vir haar ‘n skitterende 93% (28/30) behaal het.

Volgens die jong busbouer was haar onderwyser, Leon Perez, baie in sy skik met haar projek. “Hy het heeltyd vir die ander kinders gesê, ‘As julle ‘n geleentheid huis toe soek, onthou – julle kan altyd met Erin se bus ry!’.”

Erin se bus is steeds in ‘n piekfyn toestand, en die familie wonder oor sy pad vorentoe. “My ma sê ek kan dit dalk vir GO GEORGE gee, maar ek is nie seker dat hulle dit regtig sal wil hê nie. Ek bedoel, waar sal hulle dit bêre?”

Intussen het GO GEORGE-bestuurder, James Robb, van die voorstel gehoor. Hy het dadelik met Erin kontak gemaak en haar genooi om haar bus in die GO GEORGE-kantoor te kom parkeer en uit te stal. “Dit is so ‘n eer dat Erin bereid is om haar bus aan ons toe te vertrou,” sê hy. “Dit maak regtig ons harte warm om te sien dat ons stad se kinders inkoop by die openbare vervoer-konsep, en veral op hierdie manier.”

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More