GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Gebruik laaste papierkaartjies voor 15 Desember

GO GEORGE Smart Card
Die GO GEORGE Slimkaart

Die nuwe GO GEORGE Slimkaart is op 15 November 2018 in werking gestel met die toegewing dat enige oorblywende papierkaartjies nog vir ’n maand lank gebruik kon word voordat dit heeltemal uitgefaseer word.

Vanaf Saterdag 15 Desember 2018 is die enigste aanvaarde vorms van betaling vir ritte die GO GEORGE Slimkaart, en vir diegene sonder Slimkaarte, kontant vir ’n rit wat op die bus gekoop word.

Die huidige prys van ’n kontantrit is R12 en passasiers word versoek om die regte bedrag gereed te hou wanneer hulle opklim. Dit is egter vinniger om net die Slimkaart te tik en op te klim, wat bydra daartoe dat die stelsel op skedule bly. Passasiers word dus aangemoedig om hul kaarte te koop indien hulle nog nie het nie. Hoe meer passasiers Slimkaarte gebruik, hoe vinniger gaan almal die voordele van die nuwe geoutomatiseerde stelsel geniet.

’n Eerste Slimkaart kos steeds R12, twee voorafgelaaide ritte ingesluit, wanneer ’n persoon ’n geldige bewys van identiteit kan toon. Dit sluit in identiteitskaarte of -boekies, bestuurslisensies, paspoorte of geboortesertifikate, of afskrifte daarvan. Mense word ook toegelaat om Slimkaarte vir ander te koop teen dieselfde spesiale prys, op voorwaarde dat hulle diegene se identiteitsbewyse saambring en toon. Sonder identifikasie kan kaarte teen die gewone prys van R40 gekoop word, geen ritte ingesluit nie.

Vir enige navrae oor die ligging van mobiele Slimkaartvoertuie, kiosks, herlaaipunte of hoe om die kaart te gebruik, skakel die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044.

Latest News

BUNDLE PRICES:
10 trips and more: R11.90 per trip – your best buy
2, 4, 6 or 8 trips: R13.20 per trip
Single trip: R16 per trip
@george_mun

GO GEORGE is urging the community to be vigilant and prevent individuals from:
• damaging the glass panels of the shelters,
• vandalising structures with graffiti,
• removing the timetables,
• throwing stones at the buses.
#StopVandalism
@george_mun

Load More