Deeglike monitering van die behoefte en kapasiteit van die GO GEORGE-busdiens op Roete 12 Pacaltsdorp – Garden Route Mall, is van stapel gestuur nadat verskeie klagtes in die verband ontvang is.
Ná voltooiing van die ondersoek, is GO GEORGE oortuig dat die busdiens wel voorsiening maak vir genoeg kapasiteit tydens spitstye. ‘n Veldtog om passasiers en werkgewers weer in te lig oor die oggendskedule en rotasie van mini- en midibusse om in alle behoeftes te voorsien, is Donderdag, 25 September, geloods. Dit sal passasiers help om hul ritte so te beplan dat hulle betyds kan wees vir werk.
Verskillende groottes busse word op verskillende tye gebruik. Die minibus kan 15 passasiers dra, en die midibus 78. Die rede vir sekere busse op sekere tye, is om toe te laat vir reistyd, sowel as vir passasiers om af te klim en na hul bestemming te loop, byvoorbeeld na die anderkant van die Mall.
Dit blyk dat die oggendspitstydritte in hierdie stadium voldoende is om passasiers te versprei en opeenhoping en oorvol busse uit te skakel.
Passasiers wat probleme ondervind met die skedules of roetes, word vriendelik versoek om dit by die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 aan te meld, via die kontak form, of deur ‘n e-pos na info@gogeorge.org.za te stuur, en dit nie met die busbestuurders, wat werk volgens skedules en opdragte wat deur die regering voorgeskryf is, op te neem nie