Georgie sorg vir vreugde by APD-viering

Goodie bag APD

Baie nuuskierig om te sien wat die GO GEORGE-toerygsak inhou ... die kinders by die Optima-sentrum koester hierdie opvoedkundige geskenke.

Die Maand vir die Bewusmaking van die Regte van Mense met Gestremdhede 2020 het verlede Donderdag – Nasionale Bewusmakingsdag Vir Die Regte Van Mense Met Gestremdhede – op ‘n hoë noot by die Optima-sentrum in Pacaltsdorp afgesluit. GO GEORGE het by die kinders en personeel aangesluit om die einde van die Vereniging vir Mense met Gestremdhede se jaarlikse program te vier.

Die GO GEORGE-span het ‘n prettige buitenshuise program aangebied en toepaslike opvoedkundige inligting gedeel met die 25 kinders wat dié dag daar was. In ooreenstemming met hul Covid-veiligheidsbeleid, woon die personeel en kinders die sentrum volgens ‘n rotasieskedule by. Die ster van die dag was egter die gewilde gelukbringer, Georgie, wie se verskyning klipharde gejuig en applous ontlok het en gou die meeste van die kinders aan die dans, sing en ronddraai gehad het.

GO GEORGE-toerygsakke met opvoedkundige materiaal en busverwante speletjies is uitgedeel en met groot opgewondenheid ontvang. Hierdie geleentheid was die laaste uitreiking op GO GEORGE se program vir die Maand vir die Bewusmaking van die Regte van Mense met Gestremdhede.

Georgie at APD

Drukkies is deesdae nie volop nie, so ‘n veilige drukkie van ‘n nie-asemhalende vriend het
hierdie manne se dag gemaak.

 

Inspirerende video van Carpe Diem-dansers op bus

GO GEORGE het op dieselfde dag ‘n video met die Hip Hop-dansgroep van die Carpe Diem Skool vir kinders met spesiale behoeftes vrygestel. Die uitmuntende groep jongmense wat bo hul individuele uitdagings uitstyg en ander motiveer, het hul danspassies uitgevoer in en rondom die GO GEORGE-busse wat ontwerp is om toeganklik te wees vir almal. ‘n Spesiale poging is aangewend om universele-ontwerpriglyne in die aanbieding van die video ook toe te pas. Die eindproduk met inspirerende inhoud het binne ure nadat dit met Suid-Afrikaanse belanghebbendes gedeel is, wêreldwyd ‘n opskudding in Gestremdheidskringe veroorsaak. Kyk na die video deur op hierdie skakel te klik: https://youtu.be/dqsawU3haxo

APD kids bus banner

Wie sê ons was nog nie op ‘n GO GEORGE-bus nie? Die busbanier wat deur passasiersdiensbeamptes vasgehou word, was ‘n groot gunsteling by die jongspan.


Previous Article

Next Article