PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

Georgie verras kinders by Legacy Centre

11
Nov '20
Georgie met Legacy kinders
Georgie bly 'n groot gunsteling by sy aanhangers by Legacy Centre wat nie 'n geleentheid laat verbygaan om saam met die vriendelike gelukbringer afgeneem te word nie. ‘n Paar wou weet waar Georgie se “regte sien-oë” is.

Oktober was Nasionale Vervoermaand sowel as die Maand vir Bewusmaking van Geestesgesondheid, en met November wat die Maand vir die Bewusmaking van die Regte van Mense met Gestremdhede is, het die GO GEORGE-gelukbringer Georgie geen verskoning nodig gehad om die vrolike jongspan met verskillende soorte uitdagings by Legacy Centre in Denneoord te besoek nie.

Legacy Centre se bewusmakingsveldtog, “Kinders met spesiale behoeftes is anders, NIE minderwaardig nie!”, skakel in by GO GEORGE se missie om toeganklik te wees vir alle passasiers, insluitend dié met verskillende kategorieë spesiale behoeftes. GO GEORGE reik gedurende November uit na verskeie plaaslike organisasies en instellings wat betrokke is by mense met gestremdhede.

Die Legacy-kinders was baie opgewonde toe Georgie by die deur inkom en het entoesiasties saam met hom gesing en natuurlik, die gewilde Jerusalema-danspassies uitgevoer.

Volgens Mariza van Deventer, medestigter van die niewinsgewende organisasie BINAH en eienaar van Legacy Centre, is dit vir kinders met spesiale behoeftes sensories moeilik om maskers te dra. “Kinders word nie by Legacy Centre gedwing om maskers te dra nie. ‘n Onderwyser/kind-verhouding van een tot drie by die sentrum maak dit egter redelik maklik vir onderwysers om die kinders op ‘n veilige afstand van mekaar te hou,” sê sy.

Ná ‘n prettige vasvra oor die busse en Covid-veiligheidsmaatreëls was die kinders hoogs in hul skik om elkeen ‘n GO GEORGE-geskenksakkie te ontvang en het hulle Georgie en sy span taamlik teësinnig gegroet.

Drukkie vir Georgie
Georgie moet gewoonlik vir foto’s poseer, maar hierdie keer was hy bloot aan die ontvangkant van ‘n egte omgeedrukkie.

Latest news