PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

Gevandaliseerde busskuilings herstel teen groot koste

4
May '21
Workmen installing new glass panels on a GO GEORGE bus shelter.
Die glas-kantpaneel van die busskuilings blyk die meeste geteiken word deur vandale. Hier vervang werkers glaspanele by 'n bushalte in Knysnaweg. Ná uitgebreide navorsing en toetsing word 'n sterker, breekvaste glas nou in vervangings gebruik, asook in nuwe skuilings wat opgerig word.

Herstelwerk aan gevandaliseerde GO GEORGE-busskuilings is tans oral in die dorp aan die gang nadat ‘n begrotingsvoorsiening van R1,3 miljoen vir dié doel deur die George-munisipaliteit beskikbaar gestel is.

Van die 124 skuilings wat reeds by bushaltes opgerig is, is 92% struktureel beskadig deur die glas ofgelamineerde panele te breek, terwyl vinielplakkers met passasiersinligting binne die skuilings voortdurend vervang moet word wanneer dit deur graffiti bederf of afgeskeur word.

Die glas-kantpaneel van die busskuilings blyk die meeste geteiken te word deur vandale. Ná uitgebreide navorsing en toetsing word ‘n nog sterker, breekvaste glas nou in vervangings gebruik, asook in nuwe skuilings wat opgerig word. Die glaspanele is om veiligheidsredes gekies om sigbaarheid van passasiers in die skuiling te verseker, asook om passasiers in staat te stel om aankomende busse te sien.

As alles volgens plan verloop, sal die huidige herstelwerk voltooi word voordat die winter begin om skuiling te verskaf tydens koue en nat weerstoestande. Die begroting maak nie voorsiening vir nuwe skade nie, wat ten alle koste ontmoedig en bekamp moet word.

Vandalised panels

Oproep vir publiek se hulp

GO GEORGE-bestuurder James Robb sê die gemeenskap se ondersteuning is nodig om te help om die gewoonte van vernietiging en vernielsug om te keer. “Deur hierdie strukture te vandaliseer en te beskadig, ontneem die skuldiges hul eie gemeenskappe van die fasiliteite. Om ondersoeke, die uitgee van tenders en herstelwerk aan beskadigde skuilings uit te voer, neem tyd, en totdat dit afgehandel is, is passasiers die slagoffers wat ongerief verduur en blootgestel word aan die elemente,” het hy gesê. “Dieselfde geld vir die sinnelose klipgooiery na GO GEORGE-busse. Om busse uit diens te neem vir herstelwerk verminder die vlak van diens wat ons poog om te voorsien wanneer passasiers langer moet wag vir hul bus om op te daag, of ‘n bus te moet gebruik wat meer passasiers dra as wat hulle veilig voel om mee saam te ry.”

George se waarnemende munisipale bestuurder, dr Michelle Gratz, het haar sterk uitgespreek teen hierdie kriminele gedrag. “Drie mans is onlangs in hegtenis geneem nadat hulle op heterdaad betrap is terwyl hulle die agterste venster van ‘n bus breek. Die munisipaliteit het ‘n zero-verdraagsaamheidsbeleid teenoor misdaad, maar ons het die publiek nodig om na vore te kom as hulle inligting het wat ons kan help om hierdie oortreders aan die pen te laat ry. Neem ‘n foto as jy kan, en skakel asseblief die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 met inligting oor wat gebeur het, waar en wanneer dit gebeur het, en wie het dit gedoen.”

Workmen installing new glass panels on a GO GEORGE bus shelter.

Latest news