GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE-busse beïndruk rolstoelatlete met toerusting vir toeganklikheid

Georgie vermaak Kapenaars by OCC
GO GEORGE se geliefde gelukbringer, Georgie, het vir glimlagte gesorg tydens sy kennismaking met hierdie groep besoekers van Kaapstad wat sê hulle mis nooit die rolstoelmarathon nie en kom elke jaar, sommiges om te stoot en ander om gestoot te word tydens die pretstap.

“Dit is paradys dié. Nog nooit, ooit het ons openbare vervoer soos hierdie beleef nie!”

Buiten dat die buitelandse deelnemers aan die afgelope naweek se Outeniqua Rolstoeluitdaging (OCC) gek is na George en die unieke Tuinroete-gasvryheid geniet, is hulle ook in algehele verwondering oor die toeganklikheid van die GO GEORGE-busdiens.

“Toeganklikheid vir mense met spesiale behoeftes is een van die hoogste prioriteite in ons beplanning en uitvoering van openbare vervoer in George,” sê James Robb, GO GEORGE-bestuurder. “Geleenthede soos die OCC inspireer ons opnuut elke jaar, en ons is nederig-dankbaar oor die atlete se positiewe reaksie op ons toeganklikheidstoerusting. Ons minibusse is die eerste en steeds enigste openbare vervoer-minibusse in Suid-Afrika met hierdie unieke elektroniese hyser. Ons is baie trots op die ontwerp wat ’n gesamentlike poging tussen plaaslike munisipale en provinsiale ingenieurs en die ontwerpers van die hyser was.”

OCC atlete beproef minibus huiser.
Raphael Botsyo Nkegbe, kaptein van die Ghana-span wat aan die marathon deelgeneem het, is hier besig om van die bus af te beweeg met behulp van die elektroniese hyser. Hy
was hoogs beïndruk met die toeganklikheidstoerusting wat aan die atlete gedemonstreer is.

’n Uitstalling van de GO GEORGE-minibusse by die OCC-vertrekpunt het heelwat aandag van besoekers geniet. Die standaard- en midibusse is ook toegerus met ’n elektroniese loopvlak wat ontplooi word vir die op- en afklim van passasiers met uitdagings ten opsigte van beweeglikheid. Hierdie toerusting wat rolstoelgebruikers se bepaalde behoeftes aanspreek, is net ’n deel van die verskeidenheid kenmerke van die busdiens om passasiers met verkillende kategorieë spesiale behoeftes te akkommodeer.

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More