GO GEORGE by die Liggiefees

GO GEORGE by Liggiefees 2019

George-inwoners is lief vir die GO GEORGE-gelukbringers en geniet dit om selfies saam met hulle te neem by spesiale geleenthede soos die Liggiesfees, maar hierdie jaar is die kalklig gesteel deur die nuwe selfie-rame wat Saterdag by die fees bekendgestel is. Sommige opgewonde modelle het dit onderstebo vasgehou, sommige het dit reg gedoen, maar álmal was mal oor hul GO GEORGE-selfies!

GO GEORGE by Liggiefees 2019

Afgesien van die busdiens se operasionele aanpassings om die jaarlikse Liggiesfees te akkommodeer, maak die GO GEORGE-passasiersdiensbeamptes altyd ‘n groot bydrae tot die opwinding en gees by hierdie gemeenskapsgeleentheid aan die begin van die vakansieseisoen.

GO GEORGE by Liggiefees 2019

Gelukbringer Smartie het die kleingoed se harte gewen deur lekkergoed uit te deel by die Liggiesfees.

Families stroom altyd na die gelukbringers, Georgie en Smartie, om die twee vriendelike karakters te ontmoet en kon vanjaar ook selfies neem met nuwe prettige rame.

GO GEORGE by Liggiefees 2019

Die GO GEORGE-passasiersdiensbeamptes en gelukbringers het vrolike applous ontvang terwyl hulle die skare by die Liggiesfees vermaak het met hulle nie-so-ratse danspassies.


Previous Article

Next Article