GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE-gelukbringer maak baie vriende gedurende eerste week op diens

Die GO GEORGE-gelukbringer se eerste week van amptelike pligte is agter die rug en fotoverslae toon dat die vriendelike kêrel vriende gemaak het so ver hy beweeg het, en almal se nuutste keuse vir ‘n selfie is. Jonk en oud het in  ʼn  ry gestaan om hom te ontmoet en het sy spitsvondigheid en vrolike persoonlikheid geniet. Hy het verskeie  biblioteke waar kinders besig was met vakansieprogramme besoek, en het hulle aangemoedig om nooit op te hou lees nie. Hier poseer ‘n groepie bewonderaars saam met hom by die George-biblioteek. GO GEORGE nooi die publiek om deel te neem aan ‘n kompetisie om die gelukbringer ‘n naam te gee. Pos jou voorstel op hul Facebook-blad, of skakel 0800 044 044 om jou keuse in te skryf, voor 5 Augustus 2016.

Madiba-Run

Die GO GEORGE-gelukbringer was ‘n groot treffer by Saterdag se Madibaz 2016-wedloop waar hy  ‘n hele paar van George se Baie Belangrike Persone ontmoet het, en dié was maar te gewillig om saam met die nuutste glanspersoonlikheid in die dorp afgeneem te word. Hier is hy saam met Raadslid Rassie de Villiers, George se eie Olimpiese atleet, Anél Oosthuizen, burgemeester Charles Standers en Moses Gericke, president van die SWD-atletiekunie.

Latest News

• Distance travelled since inception: 38 246 603 km
• Bus trips operated since inception: 2 473 683
• Current route network: 33 routes - 142 km
• Passenger trips since inception: 34 798 088
• Average passenger trips per month over the last year: 448 639
@george_mun

Today we celebrate International Day for Older Persons
Let us protect and respect our elderly for the important contribution they have made to our society!
@george_mun

Load More