GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE genooi om oor toeganklikheid te praat by Biblioteekweek

Biblioteekkomitee
Afgevaardigdes van GO GEORGE het verlede week ’n werksessie oor gestremdheid by die George-museum bygewoon. Hier sit, van links: Rachel Williams (George-munisipaliteit: iblioteekdienste), Cynthia Boltman (George-munisipaliteit: geslag en gestremdheid) en Maryna Johnstone (Bitou-munisipaliteit: bestuurder van biblioteekdienste). Agter is van links: Lizo Sifuba (intern, GO GEORGE-kommunikasiespan), Tyron Jeyi (GO GEORGE-gemeenskapskakelbeampte), pastoor Frans Joseph, raadslid van die Vereniging vir Persone met Gestremdhede (VPG), John October (voorsitter, VPG), en Kelly-Ann de Koker, Gailin Muller en Jade Sateria, almal lede van die biblioteekkomitee van Hoërskool George.

George-biblioteekdienste het verlede week, as deel van Nasionale Biblioteekweek, ’n werksessie oor gestremdheid by die George-museum aangebied. Aanbiedings het ’n afdeling oor toeganklikheid vir mense wat met gestremdheid leef, ingesluit.

Die GO GEORGE-kommunikasiespan het die geleentheid benut om te verduidelik hoe die busdiens en die busse ontwerp is om om te sien na die behoeftes van alle passasiers, insluitend diegene met gestremdhede of spesiale omstandighede. Die span het uiters waardevolle terugvoer ontvang van mense met spesiale behoeftes wat die geleentheid bygewoon het, en het dit reeds deurgegee aan die bestuur en bedryfspan vir ondersoek en/of oorweging.

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More