GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE is ’n bate gedurende noodsituasies

Golden Valley Blanco Go George ontruimingskonvooi
Die konvooi busse ry Golden Valley in Blanco binne. Altesaam 211 mense is ontruim uit De Rus, Golden Valley en Riverlea en na die burgersentrum in Yorkstraat geneem. Foto: SABC

Die geskeduleerde roetine van bus bestuur op ’n bekende roete volgens ’n vaste rooster is eensklaps ontwrig vir plaaslike busbestuurders toe nóg ’n verwoestende brand twee weke gelede in George en omliggende gemeenskappe uitbreek. Die GO GEORGE-busdiens is ontplooi om mense uit bedreigde gebiede in en om George en so ver as Rheenendal te help ontruim.

By ’n gesamentlike vergadering van rolspelers en premier Helen Zille wat Maandag gehou is, het Gerhard Otto, bestuurder van die Tuinroete-distrik se rampbestuursentrum opgemerk dat “dit wonderbaarlik is om ’n bate soos GO GEORGE te hê wat blitsig geaktiveer kan word in noodsituasies soos hierdie, asook verlede jaar se brande in Knysna en Plettenbergbaai”.

Rheenendal 30 Oktober Go George brand ontruimingshulp
Die inwoners van Rheenendal was uiters verlig toe die GO GEORGE-busse arriveer om hulle na veiligheid te neem. Foto: EdenFM

 

Verskuiwing van honderde mense na veiligheid

GO GEORGE-busbestuurders en -bedryfspersoneel is op bystand sedert Sondagaand 28 Oktober 2018. Oor die daaropvolgende sewe dae het die busdiens gehelp om bykans 700 mense te verskuif uit bedreigde gebiede, insluitend Blanco waar bejaardes en skoolkinders na veiligheid gebring is, studente van die Nelson Mandela-universiteit, pasiënte van die Bergville-sub-akute hospitaal in Denneoord, Rheenendal en Jonkersberg naby Geelhoutboom.

Volgens James Robb, GO GEORGE-bestuurder, het dit die span nederig laat voel om die gemeenskap in vennootskap met die busbedryfsmaatskappy, George Link en hul getroue busbestuurders te dien aan die sy van so ’n toegewyde noodresponsspan.

“Die herinneringe aan die Junie 2017-brande in Knysna is nog vars in almal se geheue; die bekendheid van dag en nag op bystand te wees en te sê ‘ja, ek sal gaan’ sonder om twee keer te dink … Hierdie vorige ervaring en die hele bedryfspan se verbintenis het gelei tot ’n goed-geoliede operasie – ons was in staat om binne minute ná 'n versoek busse te stuur na gemeenskappe wat ontruim moes word,” sê Robb.

Hy het die “ware helde” geloof wat die ramp in die voorste linie van die vuur en uit die lug beveg. “GO GEORGE se bydrae is so ’n druppel in die emmer; ons het verby manne en vroue gery wat onverpoos, dag in en dag uit die vuur in verstikkende rook beveg en met bitter min slaap oor ’n uitgerekte periode moes klaarkom terwyl die vuurlyne net langer en wilder raak. Hulle is die helde.”

Latest News

It's time for SASSA grant payments (3, 4 & 5 April 2024)
We request passengers to spread their trips to pay points and grocery stores throughout the day, rather than all trying to catch a bus during peak time.
@george_mun

IT'S BACK TO SCHOOL TOMORROW!
Remember to top up in time and ensure you have enough trips loaded on your Smart Card – don’t be left stranded!
@george_mun

Load More