GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE maak hartjies bly op derde verjaarsdag

Georgie bak kolwyntjies
GO GEORGE se gelukbringer, Georgie, gaan betyds begin bak sodat hy seker kan wees van ’n suksesvolle baksel teen Donderdag! Die publiek word uitgenooi om kolwyntjies by te dra vir die busdiens se verjaarsdag-uitreikaksie, Kolwyntjies vir Kleintjies. Georgie sal die kolwyntjies Vrydag by Life Community Services gaan aflewer.

GO GEORGE vier op Vrydag 8 Desember 2017 die busdiens se derde verjaarsdag en nooi
die George-gemeenskap om deel te neem aan hul verjaarsdag-uitreikaksie, Kolwyntjies vir
Kleintjies.

"Benewens ander aktiwiteite ter viering, wil ons op ’n tasbare manier dankie sê vir die mense van George, en het ons besluit om op ons verjaarsdag kolwyntjies te skenk aan Life Community Services. Sodoende is ons verseker dat ons die vreugde versprei!" sê James Robb, GO GEORGE-bestuurder.

Die publiek word genooi om kolwyntjies te bak of te koop, dit groen en blou te versier indien moontlik, en by die GO GEORGE-inligtingskiosk af te gee tussen 08:00 en 17:00 op Donderdag, 7 Desember. GO GEORGE-personeel in kleurvolle kostuums sal Vrydag dwarsdeur die dag saam met gelukbringer Georgie in die dorp rondbeweeg met hul "reisende feesviering" – sommige op
busse, ander by die groot sirkel in Yorkstraat, en tussen die Garden Route Mall en Eden Meander.

"Solank motoriste hul oë op die pad hou, sal die span dit geniet as verbygangers toet om GO GEORGE geluk te wens," sê Robb. "En om seker te maak ons verf die dorp Vrydag groen, word alle inwoners genooi om groen te dra op ons verjaarsdag."

Vir meer inligting oor Kolwyntjies vir Kleintjies, of om reëlings te tref, kan ’n e-pos gestuur word na info@gogeorge.org.za, of skakel die Inbelsentrum by 0800 044 044 en laat ’n boodskap.

Latest News

IT'S OUR 9th BIRTHDAY TODAY!
Join us in celebrating by taking a birthday photo at the Transport Hub!
Enjoying the festivities are Emmanuel Brits (16 months), mom Marsha Brits, and Sophie Tee. 🥳🤩
@george_mun

IT'S OUR 9th BIRTHDAY TODAY!
Join us in celebrating by taking a birthday photo at the Transport Hub!
Clayton Konstabel and Reanay Marnewick wished GO GEORGE a Happy Birthday 🥳🤩
@george_mun

Load More