GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE-opname om sosio-ekonomiese impak van busdiens te meet

Die Wes-Kaapse minister van mobiliteit, LUR Ricardo Mackenzie, het verlede week die George-vervoerkern besoek waar die terugvoerverslag van die 2022- passasierstevredenheidsopname deur James Robb, waarnemende toesigbeampte oor openbare vervoer van die George-munisipaliteit, aan hom oorhandig is. Op die foto is, van links, Morné Lakay, waarnemende bestuurder van GO GEORGE, James Robb, LUR Ricardo Mackenzie, en adv. Recardo Collins, direkteur, landvervoerkontrakte van die Wes Kaapse departement van mobiliteit.

‘n Passasierstevredenheidsopname onder die gesamentlike vaandel van die Wes-Kaapse
departement van mobiliteit en die munisipaliteit van George sal binnekort van stapel gestuur
word met die doel om die algehele sosio-ekonomiese impak van die implementering van die
GO GEORGE-busdiens in George te bepaal en te meet.

Makro-, vervoer- en sosio-ekonomiese impak gemeet

Die algehele impak sal op drie hoofgebiede gemeet word, naamlik makro-ekonomiese,
vervoer-ekonomiese en sosio-ekonomiese impak. Verskeie opnames sal oor ‘n tydperk van
ses weke gedoen word, met wegspring gedurende die week van 18 September en
afhandeling teen die einde van Oktober 2023.
Inwoners van George sal deur middel van die volgende drie opnames vir terugvoer genader
word:

  • Passasiersopnames, wat by GO GEORGE-bushaltes oor die roetenetwerk heen gedoen sal word;
  • Besigheidsopnames, byvoorbeeld algemene besighede, sowel as besighede en informele handelaars by oorklimpunte rondom die groter sakekern wat hoofsaaklik deur telefoniese en persoonlike onderhoude uitgevoer sal word;
  • Spesiale belangegroep-opnames (byvoorbeeld gebruikers met spesiale behoeftes en spesifieke belangegroepe), wat hoofsaaklik deur telefoniese en persoonlike onderhoude sowel as verspreiding van elektroniese vraelyste uitgevoer sal word.

Tydens ‘n onlangse besoek aan George is die terugvoerverslag van die 2022-opname aan
die Wes-Kaapse minister van mobiliteit, LUR Ricardo Mackenzie, oorhandig.

“Ek is baie trots op GO GEORGE wat ‘n samewerking tussen provinsiale-, nasionale- en
plaaslike regerings is wat pendelaars die wêreldklas vervoerdiens bied wat hulle verdien,
hier in die Wes-Kaap,” het Mackenzie gesê. “Die resultate van die 2022-
passasierstevredenheidsopname toon dat die lewering van veilige, betroubare en
bekostigbare openbare vervoer moontlik is. Ek bedank al die passasiers wat waardevolle
terugvoer gegee het oor hoe hulle GO GEORGE-dienste ervaar en ek moedig selfs groter
deelname in die 2023-opname aan. Hierdie opnames is ‘n belangrike hulpmiddel om
bedrywighede met ‘n bewysgebaseerde benadering te verbeter sodat mense veilig by die
werk en skool kan uitkom.”

Navorsingsbeamptes maklik identifiseerbaar

Navorsingsbeamptes sal GO GEORGE-gemerkte identifikasiekaarte dra wat die persoon se
foto en ID-nommer toon. ‘n Beroep word op die George-gemeenskap gedoen om 10 minute
af te staan wanneer hulle genader word en om te help met die waardevolle terugvoer wat
slegs verkry kan word van diegene wat die busdiens gebruik, of op een of ander manier deur
sy bedrywighede geraak word.

Vir meer inligting of navrae kan die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 geskakel
word.

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More