GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE-Personeel bedien warm sjokolade op Mandeladag

Wat 'n lekker verrassing! Personeel wat by die George-hospitaal opgedaag het vir werk, kon nie hul geluk glo toe hulle 'n koppie warm sjokolade by die hek kry nie.

‘n Onverwagse koppie warm sjokolade op pad werk toe of om die dokter te sien! Dit is wat pasiënte en personeel by die George-hospitaal op Mandeladag (18 Julie) ingewag het toe GO GEORGE-personeellede 67 minute van hul privaat tyd en eie bestanddele gegee het om hulle te verras met ‘n geurige koppie warm sjokolade, koffie of tee.

Erkenning aan die hospitaalpersoneel vir hul diens aan die gemeenskap van George en omgewing was een van die aktiwiteite wat deur GO GEORGE-personeel onderneem is. Hulle het ook bygedra tot die sop-inisiatief wat deur die George-sakekamer gekoördineer is.

Einde van skof of begin van die werksdag – al die ontvangers was baie dankbaar vir die warm drankie op ‘n baie koue en mistige oggend.
Daar’s hy, Meneer … Geniet ‘n koppie warm sjokolade en word gou gesond!
Toe die nuus eers begin versprei, het die tou vir ‘n verwarmende koppie warm sjokolade vinnig gegroei.
Mike Vonk (in die middel agter die waterverwarmer), uitvoerende hoof van die George-hospitaal, het die GO GEORGE-span bedank vir hul vriendelike gebaar om 67 plus minute vir Madiba by die hospitaal deur te bring en personeel en pasiënte met ‘n koppie warm sjokolade te bederf.

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More