GO GEORGE-roetekaarte en -tydroosters word verduideik

GO GEORGE at the Garden Route Mall

Die GO GEORGE-span sal tot Maandag 17 April 2017 beskikbaar wees om passasiers te help met roetebeplanning by hul Paasvakansie-stalletjie in die Garden Route Mall. Die jongspan word ook genooi om ’n prentjie te kom inkleur en die gewilde gelukbringer, Georgie, wat die stalletjie daagliks tussen 12:30 en 13:30 sal besoek, te ontmoet. Georgie is gek na die kalklig en kan die flitslig van ’n selfoonkamera glad nie weerstaan nie; hy hoop dus om weer eens die ster in besoekers se vakansiefoto-albums te wees. Hier luister Georgie of Ferdie Geduld vir JP (links) en Lian Reyneke reg verduidelik hoe die busse werk, en dat jy nooit voor of agter ’n bus moet verbyloop nie, maar altyd ’n regte voetoorgang moet gebruik.

GO GEORGE-gemeenskapskakelbeampte Tyron Jeyi en passasiersinligtingsbeampte, Gledene Le Fleur deel roetekaarte en die jongste tydroosters wat op 7 Mei geïmplementeer word uit. Passasiers word genooi om soos Jacobé Jantjies op die foto, hierdie geleentheid te gebruik om een-tot- een inligting en ’n verduideliking van hoe die tydroosters gaan verander te kry, asook hulp om hul roetine daarby aan te pas. ’n Opgedateerde Tydrooster-sakgids word tans gedruk en sal vanaf 21 April beskikbaar wees by die passasiersdiensbeamptes en die inligtingskiosk by die Hub in Cradockstraat.


Previous Article

Next Article