GO GEORGE sal sekere aanpassings maak aan roetes om die jaarlikse Liggiesfees eerskomende Saterdag, 8 Desember 2018, te akkommodeer. Diensure sal nie verleng word later as die normale skedule nie.
Yorkstraat sal Saterdag vanaf 10:30 tot 00:00 gesluit wees tussen Hiberniastraat en die sirkel voor die George-museum. Die Denneoord-, Rosemoor- en Pacaltsdorp-roetes sal gevolglik vanaf 10:30 daardie deel van Yorkstraat uitskakel. Die noordelike bane van die sirkel sal oop bly vir verkeer en as enkelbane in beide rigtings gebruik word. Alle bushaltes in Yorkstraat tussen Markstraat en die sirkel sal tydelik gesluit wees tydens die padsluiting.
Denneoord
Met die vertrek uit die middedorp sal Roete 56 Denneoord – CBD uit Cradockstraat regs draai in Markstraat, regs in Meadestraat, links in Courtenaystraat en regs in Symondslaan, vanwaar die roete normaal sal verloop. Denneoord-passasiers wat die fees wil bywoon, kan by die Cathedral C-bushalte by Charlene's in Cradockstraat afklim en met die teruggaan huis toe by Cathedral B voor die Oakhurst-hotel in Meadestraat opklim.
Rosemoor
Op pad in dorp toe sal Rosemoor se roetes 53 en 53B uit Courtenaystraat in Meadestraat links draai pleks van in Yorkstraat, weer links in Markstraat en dan op die normale roete tot by die Rosemoor-bushalte in Cradockstraat. Rosemoor-passasiers wat fees toe gaan, kan by die Wellington-bushalte langs George-voorbereidingskool afklim.
Pacaltsdorp
Op pad in dorp toe sal Pacaltsdorp-roetes 1A, 1B, 60 en 60A uit Yorkstraat regs draai in Markstraat pleks van tot by die sirkel te ry, links in Meadestraat en regs in Courtenaystraat vanwaar die normale roetes gevolg sal word. Die naaste bushaltes vir passasiers uit Pacaltsdorp sal York C in Markstraat, Cathedral B by die Oakhurst-hotel in Meadestraat en die Meade-halte 149 voor die Moederkerk in Courtenaystraat wees.
Laaste busse huistoe voor 21:00
Inwoners word aangemoedig om van die busdiens gebruik te maak om die feesviering in Yorkstraat en by Eenheidspark by te woon. Passasiers word egter herinner dat die laaste busse tussen 20:00 en 21:00 sal vertrek, volgens hul normale laaste rit-skedule, en dat feesgangers nie tot 21:00 moet wag om plek op ’n bus te probeer kry nie.
Vir enige navrae oor skedules kan passasiers gerus die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 skakel tydens die fees.