Met nasionale Jeugdag wat voorlê op Vrydag, 16 Junie, moet GO GEORGE-passasiers asseblief kennis neem dat die Saterdagskedule (wat verskil van die weeksdagskedule) gevolg sal word op alle busroetes op hierdie openbare vakansiedag.
Vir enige navrae, skakel gerus die GO GEORGE-inbelkantoor by 0800 044 044, of besoek die GO GEORGE Facebook– of hierdie webtuiste waar alle roetes, kaarte en skedules besigtig of afgelaai kan word.