PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

GO GEORGE Slimkaartdienste tydelik beskikbaar by munisipale kassieretoonbanke

8
Mar '22
A cashier counter with the number 5 and a poster that looks like a GO GEORGE Smart Card.
Die toegewese GO GEORGE-toonbank in die munisipaliteit se finansiële saal word beman deur GO GEORGE-kassiere wat die proses en protokol ken.

Die GO GEORGE Slimkaartkiosk langs die Burgersentrum in Yorkstraat is einde Februarie gesluit omdat die gebou van eienaar verwissel het en die huurooreenkoms vir die perseel nie hernu is nie.

Die herlaai van ritte en navraagdienste wat voorheen by hierdie kiosk verskaf is, het tydelik na die grondvloer van die hoofgebou van die George-munisipaliteit verskuif terwyl meer permanente fasiliteite voorberei word.

Passasiers sal gedurende werksure, 08:00 – 15:30 op weeksdae maklike toegang tot die toegewese GO GEORGE-toonbank (toonbank 5) in die finansiële saal hê.

Buite besigheidsure en op Saterdagoggende sal kioskdienste verskaf word by ‘n mobiele Slimkaartkiosk wat voor die ou kioskperseel in Yorkstraat parkeer. Dit sal van 06:00 – 08:00 en van 16:00 tot 19:00 op weeksdae en Saterdae van 06:00 tot 12:00 wees.

Aangesien die vraag na diens in hierdie gebied Saterdagmiddae en op Sondae baie laag was, sal die mobiele kiosk nie op hierdie tye na die perseel ontplooi word nie.

GO GEORGE werk baie hard daaraan om gerieflike kioskfasiliteite naby die ou lokaal te vestig om ontwrigting en ongerief vir passasiers te verminder.

Padaanwysings is in plek op die voetgangerroete van die ou kiosk na die munisipale gebou, maar enigiemand wat onseker voel oor hoe om by die tydelike fasiliteit uit te kom, kan die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 skakel.

A minibus with the colours and branding of GO GEORGE, where bus passengers queue at a side window to buy bus trips.
‘n Mobiele Slimkaartkiosk wat buite munisipale kantoorure voor die ou kioskperseel in Yorkstraat parkeer, bedien passasiers van 06:00 tot 08:00, en van 16:00 tot 19:00 op weeksdae en op Saterdagoggende.

Latest news