GO GEORGE tariefverhoging tree dié naweek in werking

26
Jun '17

Die verhoging in die prys van slegs een van die drie GO GEORGE-buskaartjies is van hierdie naweek af geldig. Die groen enkelkaartjie wat by verkoopspunte buite die bus verkoop word, sal 50c meer kos vanaf Satedag 1 Julie, en dus verkoop teen R9.50. Die ander twee kaartjies, die enkelkaartjie wat op die bus gekoop word en die multiritkaartjie, se pryse bly onveranderd.

Dit sal steeds goedkoper wees om vooraf te koop ’n Multiritkaartjie met 10 ritte kan slegs vooraf by verkoopspunte buite die bus gekoop word en kos R85, of R8.50 per rit. Enkelkaartjies wat op die bus gekoop word, kos R10. Passasiers word aangemoedig om hul kaartjies vooraf te koop voordat hulle op die bus klim om opklimtyd te spaar en die stelsel te help om op skedule te bly.

Vir passasiers wat nodig het om kaartjies vir latere gebruik voor Saterdag te koop, is die nuwe kaartjies by verkoopspunte beskikbaar vanaf Dinsdag 27 Junie. Vanaf 1 Julie sal verkoopspunte net die nuwe enkelkaartjies verkoop, asook die onveranderde multiritkaartjies. Geen ou kaartjies sal aanvaar word na Vrydag 30 Junie 2017 nie.

Latest news