GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE toets nuwe vullisblikke

GO GEORGE toets tans drie soorte vullisdromme wat uit verskillende materiale vervaardig is - beton, plastiek en metaal - om te bepaal wat op die lange duur die beste sal wees.

Verbygangers mag verbaas wees oor die oënskynlike oormaat vullisblikke by sommige bushaltes in die dorp, met geen vullisdromme by die res van die bushaltes nie. Daar is ‘n eenvoudige verduideliking: GO GEORGE toets tans drie soorte vullisdromme wat uit verskillende materiale vervaardig is om te bepaal wat op die lange duur die doeltreffendste sal wees. Die vorige blou vullisdromme wat aan bushaltepale geheg was, is beskadig en in so ‘n mate gevandaliseer dat dit verwyder moes word.

Om duursaamheid en volhoubaarheid te verseker, en om onderhoudskoste as gevolg van slytasie en vandalisme te verminder, is besluit om ‘n proefneming op vier verskillende plekke te doen en om dit oor ‘n tydperk van drie maande te monitor, waarna ‘n ingeligte besluit geneem kan word oor watter tipe die mees geskikte is vir oprigting by bushaltes.

Die metaal-, plastiek- en betonhouers kan gesien word by die Blanco-driehoek, George-vervoerkern (Transport Hub) in Cradockstraat, en die Beach/Panther- en Fourways-oorklimhaltes, wat almal hoë passasiersvolumes dra en ‘n aanduiding sal gee van die duursaamheid van die verskillende dromtipes.

GO GEORGE ly jaarliks groot verliese as gevolg van vandalisme van infrastruktuur en voertuie en sal hul fokus op hierdie kwessie verskerp met ‘n hoogs sigbare anti-vandalismeveldtog gedurende die komende maande.

Die gemeenskap word versoek om enige voorvalle van vandalisme aan te meld, hetsy klipgooiery of die verniel van skuilings of enige ander infrastruktuurelemente. Die publiek kan die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 skakel, verkieslik terwyl die skuldiges nog op die toneel is sodat hulle aangekeer kan word.

Latest News

• Distance travelled since inception: 38 246 603 km
• Bus trips operated since inception: 2 473 683
• Current route network: 33 routes - 142 km
• Passenger trips since inception: 34 798 088
• Average passenger trips per month over the last year: 448 639
@george_mun

Today we celebrate International Day for Older Persons
Let us protect and respect our elderly for the important contribution they have made to our society!
@george_mun

Load More