GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Gratis reis-dae vir Slimkaarthouers

Burgemeester Naik met Slimkaart mobiele verkoper
Smartie, die GO GEORGE Slimkaart-gelukbringer, het baie geëerd gevoel om die Slimkaart- mobiele voertuig bekend te stel aan George se uitvoerende burgemeester, raadsheer Malvin Naik. Die burgemeester nooi alle inwoners om te sorg dat hulle betyds Slimkaarte kry om van die gratis ritte gebruik te maak. Die twee mobiele Slimkaartvoertuie sal vanaf Maandag 15 Oktober na verskillende dele van die dorp ry om te verseker dat alle passasiers toegang het tot die Slimkaartfasiliteite.

GO GEORGE het gratis busritte oor vier opeenvolgende naweke aangekondig vir passasiers wat hul eie Slimkaarte het. Om die mylpaal wanneer die stelsel afskop te vier, sal kaarthouers ook gratis
ry op die eerste drie dae ná implementering van die Slimkaartstelsel: Donderdag tot Saterdag, 15, 16 en 17 November 2018.

Hierdie vrygewige aanbod aan die publiek is aangekondig as aanmoediging om Slimkaarte vinnig na beskikbaarstelling op 15 Oktober 2018 te koop. Op Saterdag en Sondag 20 en 21, en 27 en 28
Oktober, 3 en 4, en 10 en 11 November sal passasiers toegelaat word om gratis bus te ry as hulle hul Slimkaart kan toon.

“Buiten dat ons graag wil hê dat passasiers hul Slimkaarte so gou moontlik moet koop om ’n bottelnek te vermy wanneer ons uitrol, wil ons ook passasiers aanmoedig om die besparing wat na
hul kant toe kom met die gratis reis-dae te benut deur vroeg reeds ritte op hul Slimkaarte te laai, wat dan van Sondag 18 November af gebruik kan word,” sê James Robb, GO GEORGE-bestuurder.
“Sodra Slimkaarte te koop beskikbaar raak, kan ritte by dieselfde Slimkaartkiosks en -mobiele voertuie wat die kaarte verkoop, gelaai word. Die herlaaipunte (top-up vendors) sal op 1 November
ritte begin verkoop.”

’n Pamflet met die lys van Slimkaartkiosks en die skedule van die mobiele voertuie wat na verskillende dele van die dorp sal ry om kaarte en ritte te verkoop, is nou beskikbaar by die GO
GEORGE-passasiersdiensbeamptes op die busse en by bushaltes. Dit kan ook afgehaal word by die inligtingskiosk in die George-vervoerkern (Hub) waar die inligtingsbeampte reg staan om vrae te
antwoord oor die nuwe stelsel, of dit kan afgelaai word op die webblad www.gogeorge.org.za.

Vir meer inligting, skakel gerus die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044, stuur ’n e-pos na info@gogeorge.org.za, of volg GO GEORGE op Facebook vir die jongste nuus.

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More