ROETES 53 en 53B ROSEMOOR – CBD & ROETE 56 DENNEOORD – CBD
Vanaf 10 Mei 2021, vir ongeveer 22 weke
Weens padherstelwerk in Markstraat vanaf 10 Mei 2021 en vir minstens die volgende 22 weke, sal geen busse die straat vanaf Yorkstraat kan binnegaan nie. Sien asseblief hoe die geraakte roetes gedurende hierdie tydperk sal verander sodat jy jou ritte voor die tyd kan beplan.
ROETES 53 en 53B ROSEMOOR – CBD
Op pad na die middedorp vanaf die Garden Route Mall sal die bus rondom die middedorp ry in die teenoorgestelde rigting as die normale roete. Dit beteken dat die roete vanaf Courtenaystraat links sal draai in Cradockstraat en na die Hub waar Roete 53 tydelik bushalte 563F CRADOCK oorkant die Hub sal gebruik, en Roete 53B die 563E CRADOCK-bushalte.
Wanneer busse uit die middedorp vertrek, sal albei roetes verder ry in Cradockstraat, regs draai in Markstraat, regs in Yorkstraat, om die sirkel en met Courtenaystraat in die Rosemoor-rigting ry op pad terug na die Garden Route Mall.
Bushaltes wat uitgeskakel word:
- 565 WELLINGTON (alternatief: 482 WELLINGTON, of 133 CATHEDRAL C in Cradockstraat voor Charlene’s)
- 148 MEADE (alternatief: 149 MEADE by Moederkerk)
- 141 CATHEDRAL (alternatief vir Roete 53- en 53B-passasiers: 140 CATHEDRAL by Kunsteteater; alternatief vir Roete 56 passasiers: Transport Hub)
- 866A YORK C (alternatief: 553 MARKET C voor die Poskantoor)
ROETE 56R DENNEOORD – CBD
Roete 56R sal afwyk van sy normale roete op pad na die middedorp vanuit Caledonstraat. In plaas daarvan om in Yorkstraat en dan in Markstraat in te draai, sal die bus reguit aanry in Courtenaystraat en regs draai in Cradockstraat in die rigting van die Transport Hub. Die normale roete terug na Denneoord sal gevolg word.
Bushaltes wat uitgeskakel word:
- 141 CATHEDRAL (alternatief: passasiers word aangeraai om die Transport Hub te gebruik)
- 866B YORK C (alternatief: passasiers word aangeraai om die Transport Hub te gebruik)
ROETE 1C NEW DAWN PARK – CBD (slegs namiddagritte)
Op pad na die middedorp van Pacaltsdorp af, draai die roete uit Yorkstraat in Hiberniastraat af pleks van Markstraat.
Aangesien die meeste busroetes in of Markstraat ry of dit oorsteek op pad na of van die Transport Hub, word passasiers aangeraai om voorsiening te maak vir moontlike vertragings op alle roetes. Berei asseblief voor om ‘n vroeër bus te haal om te verseker dat jy steeds betyds by die werk of skool aankom.
Skakel gerus ons inbelsentrum by 0800 044 044 vir enige navrae of hulp om jou rit te beplan.