GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Impak van padwerke in CJ Langenhovenstraat op busdiens

As deel van die Munisipaliteit se reeks padinstandhoudingsprojekte vind konstruksiewerk aan die gedeelte van CJ Langenhovenstraat tussen die George-hospitaal en die Witfonteinweg-sirkel vanaf Dinsdag 10 Augustus plaas. Die projek sal tot ongeveer einde Oktober 2021 duur. Hoewel geen herleiding van roetes voorsien word nie, sal daar ‘n beduidende impak op die GO GEORGE-busdiens wees.

Al die GO GEORGE-bushaltes in hierdie gedeelte sal vir die duur van die konstruksiewerk gesluit wees om verkeersvloei vir alle padgebruikers te verseker terwyl een baan gesluit is. Die busse sal steeds volgens die normale roete ry, maar sal nie by die geaffekteerde bushaltes stop nie. Plakkate op die tydelik geslote bushaltes sal passasiers adviseer oor alternatiewe bushaltes agter die George-hospitaal en aan die begin van Witfonteinweg.

Die impak van die padwerke op die busskedule sal fyn dopgehou word om aanpassings te maak indien nodig, maar passasiers moet voorsiening maak vir vertragings wanneer hulle beplan hoe laat om ‘n bus te haal.

Geraakte bushaltes

Die volgende bushaltes sal tydelik gesluit word:

343 Stadion
715 Stadion

341 Myrtle B
342 Myrtle B

585 Hillwood B
586 Hillwood B

338 Heather
339 Heather

Die busroetes wat deur die padwerk beïnvloed word, is roete 2 Blanco – CBD en roete 58 Heatherlands – Heather Park.

Vir navrae of bystand met ritbeplanning, skakel asseblief die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044.

Latest News

• Distance travelled since inception: 38 246 603 km
• Bus trips operated since inception: 2 473 683
• Current route network: 33 routes - 142 km
• Passenger trips since inception: 34 798 088
• Average passenger trips per month over the last year: 448 639
@george_mun

Today we celebrate International Day for Older Persons
Let us protect and respect our elderly for the important contribution they have made to our society!
@george_mun

Load More