GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Kaartjiebedrog is teenoor niemand regverdig nie

Betaal vir jou busrit
Betaal vir jou busrit – dis die regte ding om te doen.

Kaartjiebedrog in die vorm van gebruikte kaartjies wat aangegee word aan passasiers wat wag om op die bus te klim, is toenemend besig om ’n probleem te word vir die GO GEORGE-busdiens.

Al hoe meer passasiers lug hul ontevredenheid oor hierdie praktyk. “Ek het vur my kaartjie betaal, want ek is ’n eerlike burger,” kla Muriel Plaatjies, ’n passasier uit Rosemoor. “Ek het ’n vrou op my bus werk toe gesien wat haar kaartjie sommer deur die venster aangee sodra sy gaan sit. Ek moet betaal, en dis nie regverdig dat hierdie skelms hiermee wegkom nie!” Volgens James Robb, GO GEORGE-bestuurder, is die voordeel van ’n ’n openbare vervoer-netwerk soos GO GEORGE dat passasiers na enige bestemming op die netwerk kan reis deur oor te klim op verskillende roetes.

“Aangesien oorklim gratis is binne een uur nadat jy jou reis begin het, kan passasiers byvoorbeeld van Pacaltsdorp tot in die middedorp ry, en dan verder na Blanco, teen die prys van een enkelkaartjie. Dit is om seker te maak dat almal dit kan bekostig om bus te ry. Dit is egter baie duidelik op die GO GEORGE-buskaartjies gedruk dat elke kaartjie net vir een persoon geldig is,” sê Robb.

Ongelukkig sien sommige kansvatters die een-uur- geldigheid van die kaartjie as ’n geleentheid om of hul kaartjie weg te gee aan ’n ander wagtende passasier wanneer hulle van die bus af klim, of om dit teen ’n afslagprys te verkoop.

“Hierdie gedrag is geheel en al onaanvaarbaar. Enige vorm van ontduiking van betaling vir jou kaartjie, soos om die kaartjie deur die venster aan te gee vir ’n ander passasier wanneer die toegelate uur nog nie verstreke is nie, is busgeldontduiking en ‘ kriminele oortreding volgens die Nasionale Landvervoerwet. Enige persone wat betrap word, kan krimineel vervolg word en tronkstraf van tot drie maande of ’n boete van tot R10 000 opgelê word,” sê Robb.

Hy waarsku dat kringtelevisiekameras op busse, veldmonitors en “Champions” ingespan word om op busgeldontduiking te fokus, en oortreders uit te wys.

Robb doen ’n beroep op passasiers om te help om die busdiens bekostigbaar te hou “deur die voordele te geniet, en dit nie uit te buit ten koste van die diens wat inkomste gebaseer op die ware aantal passasiers nodig het om lewensvatbaar te bly nie”.

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More