GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Kinders geniet praktiese ervaring van openbare vervoer

By die bushalte
By die bushalte het die GO GEORGE-personeel interessante feite oor die busdiens met die kinders gedeel en verduidelik hoe die geriffelde plaveisel blinde passasiers help om hul weg te vind tot op die bus. Hier deel Karen Lamberts hul buskaartjies uit terwyl Tyron Yeyi vir elkeen ’n spesiale GO GEORGE-nekkoord omhang. Heel linsk is hul skoolhoof, Danita Botha.

Aanvullend tot hul leerplan oor openbare vervoer, het die leerders van die Le Bonhe’r-huisskool vir kinders met spesiale behoeftes hul gate uit geniet op ’n GO GEORGE-busrit na die Garden Route Mall-winkelsentrum. Dit was ook sommer maklik om van die skool in Standerstraat te loop na die naaste bushalte op Roete 24 wat vanaf die middedorp via Loeriepark na die Mall toe ry.

Veilige uitstappie vir leerders
Danita Botha (links), Le Bonhe’r se skoolhoof, sê die kinders het die uitstappie terdeë geniet en dat so ’n leersame, dog veilige uitstappie ideaal is vir haar leerders.
Terug by die skool
Terug by die skool na ’n vrolike busrit het die geliefde gelukbringer, Georgie, vir elke kind ’n GO GEORGE-toerygsakkie oorhandig. Baie opgewonde om saam met Georgie afgeneem te word, is van links, Lara Wolffs, Nikola Lutske, Mikayla Roux, Jacques le Roux, Geo Fourie, en agter hom, Morné Gouws.

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More