PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

Kleingoed rasend opgewonde

10
Jun '15

GO GEORGE verwelkom versoeke van skole en kleuterskole om die GO GEORGE-busse van nader te leer ken en onder toesig saam te ry. Hierdie groep van Loerieland-speelskool kon hul opgewondenheid nie beteuel toe dit onlangs hulle beurt was nie. Belangstellendes wat groepritte wil organiseer, kan die GO GEORGE-inbelsentrum skakel (0800 044 044) en ʼn boodskap laat vir Marlene Quinot wat sal terugskakel.

Die Loerieland-personeel agter is, van links, Denise Isaacs (versorger), Petro Payne (onderwyseres), Carla van der Bergh (onderwyseres) en Charmaine Groves (hoof).

2015-06-10-Loerieland

Opkomende leiers bespreek GO GEORGE-busse

Dié drie manne van Loerieland-speelskool was baie geïnteresseerd in die roetekaarte wat uitgedeel is tydens hul onlangse GO GEORGE-busrit. Hoewel die busmense gemeen het die inligting moet by Ma en Pa by die huis uitkom, het (van links) A J Hartman, Luhan van Greunen en Wiehan Classen soos wafferse raadslede die kaarte van alle kante – regop en onderstebo – bestudeer.

Latest news