In George word daar deesdae ’n nuwe geslag bus-slim kinders grootgemaak. Etlike kleuterskole, bewaarskole en preprimêre klasse het GO GEORGE reeds deel gemaak van hul leerplan oor vervoer en neem dan die kleingoed vir ’n busrit om die kennis ook prakties te ervaar.
GO GEORGE staan reg met personeel wat onderwysers help met die beplanning en reëlings vir hierdie uitstappies om by die vaste busskedule in te pas, en die kinders so naby moontlik aan hul skole op ’n bus te laat klim. ’n Personeellid of twee sal altyd saam met die groep ry, interessante inligting oor die busstelsel verskaf en enige vrae beantwoord. Die interessante tipe vraag wat opduik tydens so ’n rit, is of die kameras in die busse sien as ’n mens in jou neus krap?
Belangstellendes wat hulp benodig met die beplanning van sulke uitstappies is welkom om die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 te skakel, of ’n e-pos te stuur aan info@gogeorge.org.za.