GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Multirit-aankope op Slimkaart baie goedkoper

Herlaaipunte vir Slimkaartritte regoor die stad en in woonbuurte word aangedui met duidelike uithangborde.

Koop voor tariefverhoging en spaar

Om grootmaat te koop, is die slim keuse as jy jou Slimkaart met busritte aanvul – dit is baie goedkoper én boonop geriefliker. Herlaai voordat jy geen ritte oor het nie, en doen dit wanneer jy nie haastig is om by die werk of skool te kom nie. 

Dit is die kernboodskap wat GO GEORGE oordra in die tydperk wat die jaarlikse tariefverhoging op 1 Julie voorafgaan.

Goedkoper hoe meer jy koop

Slimkaartritte wat in bondels van 10 of meer gekoop word, kos vanaf 1 Julie R11.90 per rit en bly die beste koop. Bondels van twee tot agt ritte sal R13.20 per rit kos, en enkelritte R16. ‘n Passasier wat die bus vyf dae per week gebruik, kan tot R180 per maand bespaar deur bondels van 10 ritte en meer te koop, in plaas daarvan om een rit op ‘n slag te laai.

Koop voor tariefverhoging en spaar

Ritte op die Slimkaart verval nooit nie, so daar is geen risiko om ritte te verloor nie, selfs al ry jy nie gereeld bus nie. Om dieselfde rede is dit ‘n slim skuif om meer ritte te laai voordat die tariefverhoging inskop. Passasiers word egter aangeraai om hul Slimkaarte so versigtig soos kontant te hanteer aangesien ritte op ‘n verlore of gesteelde kaart nie terugbetaal kan word nie.

Herlaai betyds

Passasiers word aangeraai om nie te wag totdat hulle geen ritte oor het nie, en om altyd ten minste twee noodritte op hul Slimkaarte te hou. Om op jou pad werk of skool toe te herlaai, kan frustrerend wees wanneer die rye lank is, of wanneer herlaaipunte probleme ondervind weens beurtkrag. Dit sal beter wees om buite spitstye te herlaai op ‘n tyd wanneer jy nie jaag om betyds by jou bestemming te wees nie.Jy kan by enige van die Slimkaartkiosks en mobiele kiosks ritte koop, asook by 105 herlaaipunte regoor die stad. Wees op die uitkyk vir die “HERLAAI JOU SLIMKAART HIER”-uithangborde, besoek die Travel Cost-webblad vir ’n volledige lys, of skakel die inbelsentrum by 0800 044 044. Agente is van 05:00 tot 20:00, sewe dae per week aan diens. Navrae kan ook per e-pos gestuur word aan info@gogeorge.org.za.

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More