GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Munisipaliteit kondig GO GEORGE-tariefverhoging aan

Om die impak van beurtkrag te bekamp, word passasiers aangeraai om hul slimkaarte te herlaai wanneer hulle naby werkende herlaaipunte is, voordat hul ritte opraak. Besighede wat ritte herlaai ervaar dikwels batteryprobleme met hul kaarttoestelle tydens beurtkrag.

Die George-munisipaliteit het die jaarlikse verhoging van die GO GEORGE-bustariewe vanaf 1 Julie 2023 bekendgemaak. Hierdie verhoging is deel van die jaarlikse munisipale tariefaanpassings.

Bondels steeds die beste koop

Slimkaartritte wat in bondels van 10 of meer gekoop word sal met slegs 90c per rit verhoog na R11.90 en bondels van minder as 10 ritte sal R13.20 per rit kos (’n 95c-verhoging). Die prys van enkelritte verhoog met R1 na R16 om passasiers aan te moedig om liewer die goedkoper ritte te koop en om lang rye elke paar dae te vermy.

Die bondels van 10 ritte en meer bly die beste koop en kan ’n passasier wat vyf dae per week werk of skool toe en terug huis toe ry, R180 per maand in vervoeruitgawes spaar, vergeleke met enkelritte wat op die kaart gelaai word.

Gratis ritte vir eerstekaartkopers

Die prys van die Slimkaart is R27 vir kopers van hul eerste kaart wat twee gratis, voorafgelaaide ritte op die kaart insluit indien hulle ‘n geldige bewys van identiteit toon. Nuwe kaarte en vervangingskaarte kos R35. Daar is geen wins vir die munisipaliteit in die verkope van slimkaarte nie; inteendeel, die kaarte word teen baie minder as die aankoopkoste daarvan vir die munisipaliteit verkoop.

Ritte wat op die Slimkaart gelaai is, verval nooit nie. Dit beteken dat ritte wat voor die tariefverhoging gekoop is geldig bly. Passasiers is welkom om voor die verhoging meer ritte as gewoonlik te koop om geld te spaar, maar word gemaan om hul kaarte veilig te hou – indien dit wegraak of gesteel word, kan die ritte nie op ’n nuwe kaart oorgedra word nie.

Gebruik bestaande slimkaarte

Passasiers word aangemoedig om hul bestaande kaarte te gebruik om ritte op te laai en nie onnodig nuwe kaarte aan te koop as hulle dit nie nodig het nie. Soortgelyk aan bankkaarte, verval slimkaarte vyf jaar nadat dit deur die bank uitgereik is. Daarom maak dit selfs meer sin om eerder bestaande kaarte wat jy in reserwe het, te gebruik as om ‘n nuwe een te koop as dit nie regtig nodig is nie. 

Werk om beurtkrag

Om die impak van beurtkrag te bekamp, word passasiers aangeraai om hul slimkaarte te herlaai wanneer hulle naby werkende herlaaipunte is, voordat hul ritte opraak. Besighede wat ritte herlaai ervaar dikwels batteryprobleme met hul kaarttoestelle tydens beurtkrag.

Vir meer inligting, skakel gerus die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044, of stuur ’n e-pos na info@gogeorge.org.za.

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More