Customer care hotline 0800 044 044 05:00 - 20:00, 7 days a week

GO GEORGE logo

Nasionale Staking Verby

21
May '18

Die nasionale vakbondstaking oor loononderhandelings is verby. GO GEORGE-bestuurders wat op 18 April 2018 by die nasionale massa-aksie aangesluit het, hervat hul volle pligte sodra alle formele ooreenkomste nasionaal onderteken is. Die skatting is dat volle dienste nie later as Donderdag hervat sal word nie, onderhewig daaraan dat GO GEORGE amptelik in kennis gestel word. Hou asseblief ons Facebook-blad en webblad dop vir die jongste nuus.

GO GEORGE vra verskoning vir die ongerief wat passasiers moes verduur, en sien uit daarna om weer gehalte openbare vervoer aan die mense van George te verskaf.

* Die geldigheid van multiritkaartjies sal verleng word. Meer besonderhede volg binnekort, maar intussen sal geen multiritkaartjies geweier word nie.

Latest news

Travel info

Plan your trip