GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Passasiers met spesiale behoeftes prioriteit vir GO GEORGE

Gelukbringer Georgie by VPG
Die partytjiegangers wat die pret en speletjies by die Vereniging vir Persone met Gestremdhede bygewoon het, was baie in hul skik met hul eie GO GEORGE-toerygsakke, en uitbundig bly om die gelukbringer Georgie te ontmoet.

Georgie gaan kuier by VPG

Die GO GEORGE-gelukbringer Georgie het verlede Vrydag ’n draai gaan maak by die Vereniging vir Persone met Gestremdhede (VPG) in Pacaltsdorp en vir groot opwinding gesorg onder die groep wat die VPG Wes-Kaap se 80ste bestaansjaar gevier het.

Verraste Joroboam met die GO GEORGE-toerygsak
Joroboam Meyer was baie verras met die GO GEORGE-toerygsak wat hy by Lizo Sifuba (regs) gekry het. Lizo is ’n bemarking-student wat sy internskap deurloop by die GO GEORGE-kommunikasiespan.

Elke lid het ’n GO GEORGE-toerygsak met handige inligting oor die busdiens ontvang, maar die ster van die dag was ongetwyfeld Georgie. Sy verskyning het luide toejuiging en applous ontlok en die gehoor se aandag gekry vir ’n kort inligtingspraatjie oor die toeganklikheid van die busse.

Nuuskierige Georgie bewonderaar
’n Nuuskierige bewonderaar maak nader kennis met Georgie …

Beroep om hoflikheid op busse

Die GO GEORGE-vervoerstelsel is ontwerp om gebruikersvriendelik en toeganklik te wees vir passasiers met spesiale behoeftes. Onder andere, het al die busse ’n aantal rooi prioriteitsitplekke vir bejaardes, swanger vroue, passasiers met spesiale behoeftes en volwassenes met klein kindertjies by hulle, wat stootwaentjies gebruik en meer plek nodig het. Passasiers moet gereeld herinner word om hierdie fasiliteit te respekteer en hierdie sitplekke aan te bied vir passasiers wat kwalifiseer vir voorkeurbehandeling – al het almal dieselfde prys vir hul kaartjies betaal.

“Dit is algemene hoflikheid om bejaardes en mense met spesiale behoeftes te respekteer en by te staan,” sê James Robb, bestuurder van GO GEORGE. “Daardie segmente van die gemeenskap is uiters belangrik vir GO GEORGE. Daarom wil ons regtig ’n beroep doen op die publiek en ander passasiers om hierdie pendelaars te help wanneer hulle op en af van die bus af klim, en vrywillig die gemakliker sitplekke vir hulle aan te bied. Om ’n loopraam of krukke in die beperkte ruimte by ’n gewone sitplek te akkommodeer, is baie moeilik, indien nie onmoontlik nie.”

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More