Roete herlei weens padwerk in Makrielstraat, Parkdene
Published: Thu, 20 May 2021
Roete 51, Parkdene Community
Vanaf 24 Mei 2021
Weens padwerk in Makrielstraat vanaf 24 Mei 2021 en vir minstens die volgende ses maande, sal die straat vir die duur van die konstruksietydperk gesluit wees.
Bestudeer asseblief die kaart hier onder en hou in gedagte dat die groen stippellyn die gedeelte van die roete is wat uitgesny sal word, en die rooi lyn is die roete waarlangs die busse herlei sal word.
- Roete 51 Forward wat vanaf Parkdene na Conville ry, sal regs draai in Rotarystraat in plaas van Makrielstraat en voortry na Conville om op die hoek van Kloof- en Rotarystraat by die normale roete aan te sluit.
- Vanaf Conville in die rigting van Parkdene sal Roete 51 Reverse nie regs draai in Kloofstraat vanaf Rotarystraat nie, maar met Rotarystraat voortgaan en links draai in Circularweg om by die normale roete aan te sluit.
Bushaltes wat uitgeskakel en tydelik gesluit word:
- 65 KLOOF en 59 KLOOF in Makrielstraat
- 155 ROMAN en 156 ROMAN in Kloofstraat