Die meeste passasiers wat die nuwe GO GEORGE Slimkaart gebruik, kom baie goed reg en weet presies wat om te doen wanneer hulle op die bus klim.
Hier en daar is ‘n passasier wat nog ‘n bietjie onseker is oor presies waar om die kaart te hou voor die kaartleser.
Wanneer die kaart nie in die regte posisie voor die leser gehou word nie of te vinnig weggeneem word, word daar soms met die tweede probeerslag twee ritte afgetrek. Hierdie is nie ‘n stelselfout nie en kan voorkom word deur liewer die eerste keer “raak te tik”.
Kyk hier langsaan vir ‘n aanduiding – die kaart word nie voor die vier liggies of die digitale venster gehou nie.