Maandagaand 2 Julie vanaf 18:00 tot Dinsdagoggend 06:00 – SLEGS 12 URE
As deel van die munisipaliteit se reeks padopgraderings, is instandhouding van die hele kruising tussen Courtenay-, Wellington- en Cradockstraat geskeduleer vir Maandagaand 2 Julie 2018 tussen 18:00 en 06:00 die volgende oggend. Alle roetes sal terugkeer na normaal om 06:00 Dinsdagoggend.
Herleiding van roetes sal ingestel word vir hierdie tydperk:
Roetes 1A New Dawn Park – CBD; 1B Harmony Park – CBD; 60 Rosedale – CBD; 60A Syferfontein – CBD (via Rosedale)
** Uitgeskakelde bushalte: Wellington 482
Hierdie roetes sal soos gewoonlik uit Yorkstraat in Courtenaystraat inry, maar regs draai in Meadestraat, links in Cathedralstraat, oor Cradockstraat, links in Mitchellstraat en regs in Courtenaystraat. Van hierdie punt af sal die roetes die normale pad loop. As gevolg van die herleiding sal die busse nie by bushalte Wellington 482 stop nie. Aangesien hierdie halte nie baie ver van die tydelike Outeniquahaltes of die Meade 149-halte is nie, word passasiers versoek om tydelik van hierdie haltes gebruik te maak.
Roetes 9F en 9R Industrial Loop
** Uitgeskakelde bushalte op die “reverse” roete: Cathedral C 133
Nadat dit die George-vervoerkern (Hub) verlaat het, sal roete 9F (forward) uit Cradockstraat regs draai in Cathedralstraat, links in Mitchellstraat en regs in Courtenaystraat en van daar af verder die normale roete ry.
Wanneer die bus uit die rigting van die Garden Route Mall dorp toe ry, sal roete 9R (reverse) links draai in Mitchellstraat pleks van Cradockstraat. Hiervandaan sal dit regs draai in Cathedralstraat en links in Cradockstraat. As gevolg van die herleiding sal die busse nie by bushalte Cathedral C 133 stop nie. Aangesien hierdie halte nie baie ver van die Hub af is nie, word passasiers versoek om van die Hub-halte gebruik te maak gedurende die konstruksieperiode. Wanneer hierdie roetes van die Hub af vertrek, word die normale pad gevolg.
Roetes 53 en 53B Garden Route Mall – CBD (via Rosemoor)
** Uitgeskakelde bushaltes: Courtenay-, York- en Markstraat
Nadat dit die George-vervoerkern verlaat het, sal hierdie roetes uit Cradockstraat regs draai in Cathedralstraat, links in Mitchellstraat en regs in Courtenaystraat en van daar af verder die normale roete ry.
Wanneer die bus uit die rigting van die Garden Route Mall dorp toe ry, sal die bus links draai in Memoriamstraat, regs in Markstraat en weer regs in Cradockstraat. Die oorblywende bushaltes in Courtenay-, York- en Markstraat op roetes 53 en 53B word dus uitgeskakel gedurende hierdie 12 ure en passasiers sal ander bushaltes op hierdie roetes, of alternatiewe roetes moet gebruik.
Roete 24 CBD – Garden Route Mall (via Loerie Park)
** Uitgeskakelde bushaltes: Meade 149 & Cathedral C 133
Pleks van Courtenaystraat vanuit Meadestraat binne te gaan ná vertrek vanaf die Hub, sal hierdie roete noord ry in Cradockstraat, regs draai in Cathedralstraat, links in Mitchellstraat en regs in Courtenaystraat. Halte Meade 149 word dus uitgeskakel en passasiers sal ander haltes wat nie geraak word nie, of alternatiewe roetes moet gebruik.
Op pad terug dorp van die Garden Route Mall af sal dieselfde herleiding via Mitchell-, Cathedral- en Cradockstraat geld, net omgekeerd. As gevolg van die herleiding sal die busse nie by bushalte Cathedral C 133 stop nie. Aangesien hierdie halte nie baie ver van die Hub af is nie, word passasiers versoek om van die Hub-halte gebruik te maak gedurende die konstruksieperiode.
Roete 7 CBD – Garden Route Mall
** Uitgeskakelde bushalte: Cathedral 133 C
Wanneer die bus uit die rigting van die Garden Route Mall dorp toe ry, sal dit links draai in Mitchellstraat pleks van Cradockstraat. Hiervandaan sal dit regs draai in Cathedralstraat en links in Cradockstraat. As gevolg van die herleiding sal die busse nie by bushalte Cathedral C 133 stop nie. Aangesien hierdie halte nie baie ver van die Hub af is nie, word passasiers versoek om van die Hub-halte gebruik te maak gedurende die konstruksieperiode. Wanneer hierdie roetes van die Hub af vertrek, word die normale pad gevolg.
Roete 13 City Loop (“forward & reverse”)
** Uitgeskakelde bushaltes: Cathedral C 133 & Wellington 565
Roete 13F sal via Meadestraat pleks van Cradockstraat Hub toe ry, links draai in Cathedralstraat en regs in Cradockstraat. As gevolg van die herleiding sal die busse nie by bushalte Cathedral C 133 stop nie. Aangesien hierdie halte nie baie ver van die Hub af is nie, word passasiers versoek om van die Hub-halte gebruik te maak gedurende die konstruksieperiode. Wanneer hierdie roetes van die Hub af vertrek, word die normale pad gevolg.
Wanneer dit die Hub verlaat, sal roete 13R links draai in Cathedralstraat, regs in Meadestraat en links in Courtenaystraat. Van hierdie punt af sal die roete normaal loop. As gevolg van die herleiding sal die busse nie by bushalte Wellington 565 stop nie. Aangesien hierdie halte nie baie ver van die Meade 148-halte is nie, word passasiers versoek om liewer van hierdie halte gebruik te maak gedurende die konstruksieperiode.
Roete 56F Denneoord (kloksgewys)
** Uitgeskakelde bushalte: Cathedral 133C
Roete 56F word reeds omlei weens die padwerk in Caledonstraat en sal nou weer herlei word by die kruising onder konstruksie. Wanneer busse in Welllingtonstraat in die rigting van die Wellington/Courtenay-kruising ry, sal busse links draai in Aspelingstraat, regs in Mitchellstraat, oor Courtenaystraat, regs in Cathedralstraat en links in Cradockstraat. Wanneer busse by die Hub vertrek, sal hulle die normale roete volg. As gevolg van die herleiding sal die busse nie by bushalte Cathedral C 133 stop nie. Aangesien hierdie halte nie baie ver van die Hub af is nie, word passasiers versoek om van die Hub-halte gebruik te maak gedurende die konstruksieperiode.