GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Verdagte in hegtenis danksy polisie en gemeenskap na gewapende roof op bus

’n Verdagte is in hegtenis geneem na die gewapende roof op ’n GO GEORGE-bus verlede week. George se munisipale bestuurder, Trevor Botha, het die SA Polisiediens en George-gemeenskap bedank vir hul samewerking om die saak so gou moontlik af te handel. “Dit toon weereens dat enigiets moontlik is wanneer ons saam werk,” het hy gesê, en beklemtoon dat die veiligheid van GO GEORGE-werknemers en passasiers altyd die munisipaliteit se hoogste prioriteit sal wees.

Latest News