Die graad R-leerders van Heeltyd Speeltyd-kleuterskool was uiters opgewonde oor hulle GO GEORGE-busrit na Blanco. Die uitstappie het deel gevorm van die praktiese komponent van hul leerplan oor openbare vervoer, en die GO GEORGE-kommunikasiespan het die geleentheid benut om die kleingoed meer te leer oor die algemene reƫls op die bus en die spesiale fasiliteite wat die busdiens toeganklik maak vir alle mense, insluitend diegene met spesiale behoeftes. Hulle was gefassineer deur die hoorbare aankondigings ter wille van blinde passasiers en het tjoepstil geword voor en na elke stilhouslag om die aankondiging oor die deure wat oop- en toemaak te hoor.