GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Vullisdromme word by GO GEORGE-bushaltes geïnstalleer

Vullisdromme

Tot groot vreugde van passasiers en perseeleienaars in die omgewing van GO GEORGE-bushaltes, word daar tans 100 vullisdromme by bushaltes regoor die dorp aangebring.

Die installering van hierdie eerste groep dromme sal voor die einde van die maand voltooi wees. Dit is toegewys aan bushaltes waar daar reeds permanente skuilings opgerig is, asook spesifieke probleemgebiede soos die bushaltes in Markstraat naby die vervoerkern (George Transport Hub), waar dieselfde dromme as duursaam en funksioneel bewys is. Nog ’n groep van 100 dromme sal in die volgende munisipale finansiële jaar aangebring word.

Die bushaltes by die Garden Route Mall waar passasiers dikwels iets eet terwyl hulle vir die bus wag, is ook verlede week met hierdie duidelik sigbare vullisdromme toegerus. Volgens roetereguleerder, Andrew Lesch, maak dit ’n groot verskil aan die algehele netheid van die gebied rondom die bushaltes. Buskaartjies, oorskietkos en koeldrankblikkies is dikwels op die sypaadjie gelaat voordat die vullisdromme aangebring is aangesien geen kos of drinkgoed op die busse toegelaat word nie.

Latest News

YOUR SAFETY IS OUR CONCERN - BOARDING THE BUS
Please let elderly people or passengers with special needs get on the bus first.
@george_mun

WHAT A WONDERFUL DAY IT WAS!
Thank you for celebrating our 9th birthday with us and coming to say hello at the Hub or singing us a birthday song on the bus!
GO GEORGE thanks every single person who keeps the wheels rolling, day after day, year after year!
@george_mun

Load More