GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Wees vanjaar veilig op die bus skool toe

Keenan Myners met masker
Keenan Myners demonstreer hoe maskers gedra moet word sodat die mond sowel as die neus bedek word. Dit is van uiterste belang dat passasiers hul maskers tydens die hele busrit aanhou - alle beskerming is daarmee heen wanneer die masker afgehaal word om met medepassasiers te gesels.

Met die nuwe akademiese jaar wat volgende week afskop, begin ouers se uitdaging met dol vervoerskedules om hul kinders by die skool af te laai en op te tel. Ouers van leerders wat van die GO GEORGE-busdiens gebruik maak om by die skool uit te kom, word aangemoedig om hul kinders te help om betyds alles hiervoor gereed te kry.

Dit is belangrik om ‘n GO GEORGE Slimkaart te kry en genoeg ritte te laai voordat skole begin, en nie te wag totdat leerders geen ritte oor het voordat hulle weer herlaai nie. Die Slimkaart moet met dieselfde sorg as enige bankkaart of kontant hanteer word; as dit wegraak, kan ritte op die kaart nie terugbetaal of na ‘n nuwe kaart oorgedra word nie.

Skoolroetekaarte

Go GEORGE-passasiersdiensbeamptes sal weens Covid-19-veiligheidsbeperkings nie aan die begin van die skooljaar alle skole soos gewoonlik kan besoek nie. Hulle sal egter gedurende die eerste paar weke van die skoolkwartaal by die bushaltes naby skole wees om leerders in te lig oor die verskillende roetes skool toe. Unieke kaarte wat die verskillende opsies skool toe en terug huis toe uitbeeld, is vir elke skool geskep en sal met die leerders bespreek word. Hierdie kaarte kan ook hier afgelaai word.

Leerders word aangeraai om die beste opklimtyd en roetes om vol nbusse gedurende spitstyd te vermy met die passasiersdiensbeamptes te bespreek. Die beamptes sal leerders ook herinner aan belangrike Covid-19-veiligheidsregulasies. ‘n Superheldkarakter genaamd The Sanitiser sal op vermaaklike wyse seker maak dat die jong passasiers nie vergeet om hul maskers korrek te dra en gereeld hul hande te ontsmet nie.

Covid-19-veiligheid

GO GEORGE-bestuurder, James Robb, doen ‘n beroep op ouers om ook te help om die belangrikheid van nakoming van die Covid-19-veiligheidsregulasies by hul kinders in te skerp wanneer hulle die busdiens gebruik.

“Openbare vervoer bly ‘n hoë-risiko omgewing vir die verspreiding van die virus en ons doen alles in ons vermoë om by te dra tot passasiers se veiligheid wanneer hulle ons busse gebruik. Maar ons het nodig dat al ons passasiers, leerders ingesluit, verantwoordelikheid vir hul eie gesondheid en veiligheid neem deur aan die basiese veiligheidsmaatreëls te voldoen,” het hy gesê.

“Maak asseblief seker dat jou kind toegerus is met ‘n behoorlike masker wat die mond sowel as die neus bedek, en dat hulle die maskers aanhou, selfs wanneer hulle met vriende op die bus gesels. Ons verskaf handreiniger op die busse – passasiers moet asseblief hul hande ontsmet wanneer hulle opklim en weer wanneer hulle die bus verlaat.”

Vir meer inligting oor die beste roetes na die onderskeie skole in die dorp, skakel gerus die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044, stuur ‘n e-pos aan info@gogeorge.org.za of besoek ons webwerf.

Latest News

• Distance travelled since inception: 38 246 603 km
• Bus trips operated since inception: 2 473 683
• Current route network: 33 routes - 142 km
• Passenger trips since inception: 34 798 088
• Average passenger trips per month over the last year: 448 639
@george_mun

Today we celebrate International Day for Older Persons
Let us protect and respect our elderly for the important contribution they have made to our society!
@george_mun

Load More