GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Werkloses ingespan om sypaadjies te bou

Sypaadjiewerkers
Dié groep manne het onder andere aan die sypaadjie in Knysnaweg gewerk en was almal baie dankbaar vir die geleentheid om hul vaardighede in te span om brood op die tafel te sit. Van links is Peter Mbanga, ZonwabeleMuteyi, AbongileMtoto, LuvoyoMtsukwana en SiyavanaXaka, almal van George.

Ten minste 66 opkomende kontrakteurs en 330 arbeiders, almal inwoners van George en voorheen werkloos, is die afgelope paar maande deur die George-munisipaliteit ingespan vir die opgradering van sypaadjies langs bestaande busroetes. Altesaam 6,71 kilometer veilige, toeganklike voetgangerpaadjies is met dié projek geskep.

Buiten dat die sypaadjies gerieflike loopvlak bied vir GO GEORGE-passasiers om by bushaltes uit te kom, dra dit ook by tot die nasionale departement van vervoer se doelstelling om nie-gemotoriseerde vervoer te bevorder.

Volgens munisipale bestuurder, Trevor Botha, is die sypaadjies ’n welkome opgradering van die paaie-infrastruktuur in George. “Dit dra by tot die verbetering van ons stad. Die fondse wat spandeer is op die bou van die sypaadjies het broodnodige werksgeleenthede geskep, en terselfdertyd veilige loopvlakke vir voetgangers gevestig,” sê hy.

Olympic sypaadtjie voor

Olympic sypaadtjie na

Die inwoners van Syferfontein is baie in hul skik met die netjiese sypaadjie wat nou in Olympicstraat gebou is en ’n stappie of fietsrit na hul woongebied veilig en gerieflik maak. Die foto’s toon die straat voor en na die konstruksie.

Latest News

• Distance travelled since inception: 38 246 603 km
• Bus trips operated since inception: 2 473 683
• Current route network: 33 routes - 142 km
• Passenger trips since inception: 34 798 088
• Average passenger trips per month over the last year: 448 639
@george_mun

Today we celebrate International Day for Older Persons
Let us protect and respect our elderly for the important contribution they have made to our society!
@george_mun

Load More