GO GEORGE het onlangs ‘n verandering aan die kaartjiestelsel van die busdiens, wat passasiers in staat stel om vir een uur met een kaartjie in enige rigting te reis, aangekondig. Dit sluit onbeperkte oorklim tussen busse in. Hierdie toegewing is wyd deur passasiers verwelkom aangesien baie voorheen ‘n tweede kaartjie moes koop wanneer hulle hul reis onderbreek het, of met dieselfde roete teruggery het huis toe.

