PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

COVID-19-INPERKING: Slimkaartkiosk heropen vir GO GEORGE Slimkaartverkope en herlaai van ritte Vrydag 17 April 2020

17
Apr '20
GO GEORGE Hub kiosk

GO GEORGE het aangekondig dat die Slimkaartkiosk by die Vervoerkern (Hub) in Cradockstraat vanoggend, Vrydag 17 April 2020 heropen is. Dit volg die sluiting van alle inligtings- en Slimkaartkiosks met die instelling van die algehele inperking om die verspreiding van die COVID-19-virus te bekamp.

Dit het intussen aan die lig gekom dat ‘n hele aantal passasiers nog nie Slimkaarte het nie en dat daar gebiede in die dorp is waar nie een van die besighede wat dien as herlaaipunte binne die noodsaaklike dienste val wat toegelaat word om oop te wees tydens die inperking nie. Met die verlenging van die inperking is daar besluit om passasiers te ondersteun deur hierdie diens gedurende sekere tye van die dag te bied.

Om passasiers sowel as busbestuurders en kassiere in die kantoor te beskerm, sal die hantering van kontant op die busse tot die minimum beperk moet word. Passasiers word dringend aangeraai om Slimkaarte aan te skaf as hulle nie reeds een het nie.

Besigheidsure

Passasiers wat nodig het om te reis vir noodsaaklike doeleindes tydens die inperking word aangemoedig om die kiosk by die Hub te besoek om Slimkaarte te koop en ritte te herlaai indien daar nie ’n nabygeleë herlaaipunt is nie. Herlaaipunte verkoop nie kaarte nie. Die kiosk sal daagliks van 05:00 tot 10:00, en 15:00 tot 19:00 oop wees om by die bedryfsure van die ingeperkte busdiens in te skakel, in lyn met regeringsinstruksies dat openbare vervoer-fasiliteite nie oop mag wees buite die bepaalde ure nie. Streng veiligheids- en higiëniese maatreëls sal geïmplementeer word.

Koste van Slimkaart

Jou eerste Slimkaart (geregistreer in jou naam) kos slegs R21 en sluit twee voorafgelaaide ritte in. Vir hierdie spesiale aanbieding sal jy jou ID, paspoort, rybewys of geboortesertifikaat moet toon om te verseker dat slegs een kaart per persoon teen hierdie prys uitgereik word.

Mense kan kaarte vir ander individue registreer, byvoorbeeld gesinslede of werknemers, maar moet dan hulle geldige ID-dokumente saambring en ‘n kaart vir elkeen registreer.

As jy nie enige amptelike bewys van identiteit het nie, kan jy steeds ‘n ongeregistreerde kaart koop teen die normale prys van R25, met geen voorafgelaaide ritte nie, vir soveel mense as wat jy wil.

Besparing op vervoerkoste

Jy kan tot R150 per maand bespaar as jy die Slimkaart gebruik eerder as om op die bus te koop. Wanneer jy meer as 10 ritte koop, is die koste R 9.50 per rit. As jy minder as 10 ritte per transaksie koop, is die koste per rit R10, maar as jy jou rit met kontant op die bus koop, is die koste R13 – R 3.50 meer as die goedkoopste aanbod.

COVID-19 veiligheidsmaatreëls

Passasiers word versoek om basiese COVID-19-veiligheidsmaatreëls in gedagte te hou wanneer jy die Slimkaartkiosk besoek. Respekteer asseblief medepassasiers deur die vereiste sosiale afstand van 1,5 meter te handhaaf terwyl jy wag om bedien te word. Ontsmet jou hande na die hantering van kontant en hoes of nies in die buig van jou arm. Moenie toelaat dat iemand anders jou kaart hanteer en die kwitansie afskeur wanneer jy jou Slimkaart op die bus gebruik nie.

Openbare vervoer bly ‘n hoë-risiko omgewing vir die verspreiding van die siekte en moet slegs as ‘n laaste uitweg gebruik word indien geen alternatiewe reëlings getref kan word nie.

Latest news