COVID-19 INSLUITING VLAK 4: So lyk regulasies en skedule nou

Covid safety

Geen passasier sonder ‘n gesigmasker, of enige ander gepaste item om die neus en mond te bedek, sal op busse toegelaat word nie – dit is nou Wet.

50% kapasiteit word toegelaat, wat gelykstaande is aan alle sitplekke en geen staande passasiers nie. Indien moontlik, word passasiers steeds versoek om te probeer om ‘n sitplek oop te hou langs hulle. As jy kan wag vir die volgende bus wat 15 minute later (in spitstyd) moet aankom, doen asseblief so om meer sosiale afstand te skep.

Diens op die huidige roetes sal voortgaan, van 05:30 (roete 15 van 05:00 en roete 1E net om 05:00 en 05:40) tot 18:30, met verskillende intervalle volgens aanvraag:

  • 05:30 – 09:00: rit elke 15 minute
  • 09:00 – 15:00: rit elke 30 minute
  • 15:00 – 18:00: rit elke 15 minute
  • 18:00 – 18:30: rit elke 30 minute

UITSONDERINGS:

  • roetes 12 en 16 (Mall-roetes): ritte elke 30 minute, die hele dag
  • roete 60A Syferfontein/Rosedale-CBD: rit elke uur op die halfuur
  • roete 14 Pacaltsdorp-Industria is bygevoeg en vertrek elke 30 minute, reg deur die dag.

Eerste ritte vertrek om 05:30, behalwe waar anders vermeld, en laaste busse van die dag vertrek om 18:30 uit die middedorp en vanaf die Mall na die onderskeie woonbuurte.


Previous Article

Next Article