GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Dis hoekom jy die regte bedrag moet reghou

Driver right change

Die GO GEORGE-span vra voortdurend in die koerant, oor die radio en op Facebook dat passasiers asseblief die regte bedrag moet saambring indien hulle ’n kontantrit op die bus wil koop. Daar is ’n paar baie goeie redes vir hierdie versoek.

In die eerste plek word passasiers aangemoedig om die GO GEORGE Slimkaart te gebruik. Dit werk baie goedkoper uit per rit om ritte op die kaart te laai en net die kaart te skandeer wanneer jy op die bus klim.

Indien jy nog nie ’n Slimkaart gebruik nie, gaan jy help om die busdiens op skedule te hou deur die regte bedrag – tans is dit R13 per rit – gereed te hou vir die busbestuurder wat die geld ontvang. As hy vir elke passasier moet kleingeld uitkeer, gaan jy baie langer in die ry staan as wat nodig is.

Groot note is ’n groot probleem

Dit veroorsaak ‘n ekstra probleem wanneer passasiers ‘n groot noot soos ‘n R50 of R100 aanbied. Om veiligheidsredes kan die bestuurders nie met groot hoeveelhede kleingeld rondry nie, en een of twee sulke transaksies kan hul kleingeld vir die skof baie gou uitput.

Koop liewer ’n Slimkaart

Jy kan teen slegs R21 ’n Slimkaart met twee voorafgelaaide ritte koop indien jy bewys van identiteit kan toon. Sonder identifikasie kos ’n Slimkaart R25, sonder enige vooraf-gelaaide ritte.

Slimkaarte is te koop by enige van die Slim-kaartkiosks hier onder, asook die mobiele Slimkaartvoertuie wat volgens ’n vaste skedule deur die dorp beweeg.

  • George-vervoerkern (Transport Hub)
  • Yorkstraat langs York Park-glasgebou
  • Blanco-driehoek
  • Garden Route Mall

Skakel gerus die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 vir meer inligting.

Latest News

FAST FACT: Children under the age of 4 travel free of charge.
As soon as they turn 4, each child needs their own Smart Card. If you show their birth certificate when buying their card, 2 free preloaded trips will be included in the promotional price of R27.
@george_mun

We consider all passengers, so NO LOUD CONVERSATIONS OR MUSIC is allowed on the bus. You are welcome to make a quick or essential call, or enjoy your music or videos using EARPHONES or HEADPHONES.
@george_mun

Load More