GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Geen ou kaartjies aanvaar na einde van die maand

Die een-maand grasietydperk vir GO GEORGE-passasiers om ou buskaartjies wat voor die tariefverhoging van 1 Februarie 2017 gekoop is, te gebruik, verstryk op 28 Februarie 2017. Van 1 Maart af sal net nuwe kaartjies aanvaar word.

Goedkoper om buite die bus te koop

Enkelkaartjies wat buite die bus by verkoopspunte gekoop word, kos nou R9.00 – slegs 50c meer as die vorige R8.50. Passasiers word sterk aangemoedig om hul kaartjies te koop voordat hulle op die bus klim, om opklimtyd te spaar en die stelsel op skedule te hou. Om hierdie gebruik te versterk, is ‘n bykomende R1.00 verhoging goedgekeur vir kaartjies wat op die bus gekoop word. Hierdie kaartjie kos dus nou R10.00. Indien passasiers steeds hul kaartjies op die bus wil koop, word hulle versoek om die regte bedrag gereed te hou om vertragings uit te skakel.

Die multiritkaartjies wat vir 10 ritte geldig is, kos nou R85 teenoor die vorige R75, sodat een rit dus R8.50 kos.

Om dit vir passasiers makliker te maak om kaartjies te koop voordat hulle op die bus klim, is die aantal kaartjieverkoopspunte in die dorp en woonbuurte meer as verdriedubbel tot 40 (sien volledige lys). Mobiele verkopers sluit ook toenemend aan by die groeiende aantal besighede wat kaartjies verkoop, en bied tydens spitstye kaartjies te koop aan by besige bushaltes.

Enige sakeondernemings of lede van die gemeenskap wat belangstel om kaartjieverkopers te word, kan die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 skakel.

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More