Georgie bring vreugde by gestremdes se spesiale dag

4
Dec '17
Georgie bring vreugde by gestremdes se spesiale dag

Die geliefde GO GEORGE-gelukbringer, Georgie, is ’n gereelde gas by die George Vereniging vir Persone met Gestremdhede se jaarlikse viering in November, die maand van bewusmaking van die regte van gestremdes.

Die oomblik toe Tyron Jeyi (GO GEORGE-gemeenskapskakelbeampte, agter die rolstoel) klaarmaak met sy verduideliking van die busdiens se toeganklikheid vir gestremdes, het die feesgangers na Georgie begin roep. Die BBP het onder groot gejuig ingedans op maat van vrolike musiek en Simoné Botha se dag gemaak deur haar vir ’n paar draaie te vat.

Georgie is gek na die kalklig en het hoegenaamd nie omgegee om vir selfies en foto’s saam met sy bewonderaars te poseer nie.

Latest news