GESTREMDHEIDSMAAND: GO GEORGE besoek Carpe Diem Skool met opvoering oor gestremdheid

13
Nov '19
GO GEORGE by Carpe Diem
Die Carpe Diem-leerders was baie ingenome met hul GO GEORGE-toerygsakke en - sonskermpette.

In Suid-Afrika word die maand November gewy aan die bewusmaking van die regte van persone met gestremdhede. GO GEORGE beskou die busdiens se toeganklikheid en gebruikersvriendelikheid vir alle passasiers as hoë prioriteit en het weereens ‘n program van aktiwiteite saamgestel om uit te reik na die gestremdheidsektor in die George-gemeenskap.

 

3 mascots at Carpe Diem
Die drie musketiers, Georgie, Able en Smartie is luid toegejuig toe hulle aan die gehoor bekendgestel is.

 

‘n Reeks skoolbesoeke het verlede Vrydag by die Carpe Diem-skool vir kinders met spesiale behoeftes afgeskop. Die GO GEORGE-passasiersdiensbeamptes se dramagroep het ‘n kort toneelstuk oor die reisbelewenis van passasiers met gestremdhede aangebied en uitgewys hoe die fasiliteite en toerusting op die busse en by die bushaltes ontwerp is om hierdie passasiers se gebruik van die busdiens te akkommodeer en te verbeter. Die kinders het die humoristiese aanbieding terdeë geniet.

 

Carpe Diem hip hop dancers
Carpe Diem se gewilde hip-hop dansgroep het op hul beurt die besoekers met hul behendigheid en vaardigheid verstom.

Gelukbringers Georgie en sy neef Smartie, beide van die GO GEORGE-familie, is vergesel deur hul nuwe vriend Able, die Loslitdag-gelukbringer. Hulle het toerygsakke met plakkers, sonskermpette en GO GEORGE-aktiwiteitsboeke uitgedeel, tot groot vreugde van die leerders wat nie genoeg van die groot, vriendelike kêrels kon kry nie.

 

Trixy Phillips
Trixy Philips (10) slaan nie ‘n enkele blad oor in haar GO GEORGE-aktiwiteitsboek nie en het die hele naweek ingekleur en speletjies gespeel.

Latest news